Ons Daniella Deysel en Chris Chameleon verloof
Francoise Steynberg - Die Namibiese kunstenaar Daniella Deysel (27) dra sedert 7 Mei 'n verloofring aan haar vinger nadat sy die jawoord vir die bekende Suid-Afrikaanse sanger Chris Chameleon (46) gegee het.
Die sangpaartjie is al ses jaar saam en tree sedert Desember 2013 saam op. Chris en Daniella het vir die eerste keer saamgewerk toe hy haar gedigte vir hul gesamentlike album Posduif getoonset het.
Daniella het in 'n onderhoud in 2014 met Kollig in Republikein gesê haar gedigte spruit uit die gesin se rondtrekkery tussen dorpe en sy het haar in digkuns verdiep.
Sy is in Windhoek gebore en het op Okahandja, Swakopmund en Grootfontein grootgeword. In die onderhoud het Daniella toe gesê sy en Chris is “beste vriende”.
Daniella het saam met die internasionale model Behati Prinsloo aan die Senior Sekondêre Skool Grootfontein gematrikuleer.
Daniella het aan Republikein gesê: “Ons het nog niks van die verloofring laat sien in enige sosiale- of persmedia nie. Dit is in nie ons aard om te koop te loop met wêreldse dinge nie.”
Sy het die verloofring beskryf: “Dis 'n silwer band wat hy laat ombuig en met 'n hamer vasgeslaan het. “Dan het hy 'n vuilgeel diamant daarin laat set. Die ongekunsteldheid simboliseer ons ongekompliseerde liefde. Die eenvoud simboliseer ons vryheid van wêreldse waardes. Die las simboliseer die duidelike keerpunt van hierdie voorneme. Die vuil diamant daarná simboliseer die toekoms wat blink is, maar waaraan ons ons wil toewy om te verhelder.”
Die paartjie het in Maart by die Warehouse-teater in Windhoek met hul vertoning Kat en Wolf opgetree.
Daniella het verlede week 'n video op haar Facebook-blad gelaai met die woorde “hy het kom vra”.
In die video, met musiek daarby, kom Chris netjies geklee met 'n hoed op die kop by 'n huis aan en gooi die hoed vir haar waar sy in die huis is.
Sy tel dit op en gooi dit terug vir hom, wat “ja” beteken. Albei glimlag en hy buig effe vorentoe om dankie te sê, berig Netwerk24.
“Ons het saam aan die idee gedink om die nuus só bekend te maak. Ons was vir 'n vertoning by JanHarmsgat Se Agterplaas op Cullinan en het tyd gehad om die video te vervaardig.
“Ons is nie blatant oor sulke goed nie en het na iets gesoek wat op 'n manier die gevoel verduidelik. Die hoed was simbolies. Ek dink die keuse was reg.”
Die paartjie gaan op Chris se plaas naby Verkykerskop in die Oos-Vrystaat afhaak.– Eie berig en Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie