Ons dek weer Inspirasie Tafels
As jy verlede jaar geslaap het, is dit nou jou kans. Skryf neer, hou vergaderings, werk ‘n begroting uit en maak notas.
Inspirasie Tafels is uiteindelik om die draai. Ja, ons weet dis nog vroeg en niemand weet wat om met hul opwinding te doen nie, maar moenie stres nie, Kollig is hier vir jou. Ons gaan jou weekliks op hoogte hou van alles wat inspirerend is – van die bekende name wat op die verhoog gaan verskyn tot by die handgemaakte goedere wat by dié leefstylekpo te koop sal wees.
Vroeër vanjaar het Kollig met die stigter en organiseerder van Inspirasie Tafels gesels om bietjie meer oor vanjaar se tema en vooruitsigte uit te vind. Frans van Wyk vertel meer:
“Vanjaar se Inpirasie Tafels is ’n speelgrond vir ekspo-gangers om alles wat kreatief is te geniet. Van musiek tot kos en alles tussenin. Ons tema vir 2018 is Tangerine Tango en het ten doel om die funk en fresh terug in jou lewe te sit. Inspirasie Tafels 2018 vind van 30 Augustus tot 1 September by die Windhoek Skougronde plaas. Ons het die uitleg heeltemal verander om vir maklike vloei tussen stalletjies en ander vermaak te sorg.”
Die tema verteenwoordig vrolikheid, warmte, sonskyn, entoesiasme, kreatiwiteit, sukses, inspirasie en geluk.
En dis presies wat Inspirasie Tafels ‘n geleentheid maak om nie mis te loop nie. Jy kan nou maar daaroor probeer slaap of iemand raadpleeg, maar gaan moet jy gaan.
Indien jy in handgemaakte, eg Namibiese produkte belangstel, kan jy na verskeie stalletjies uitsien.
Onthou, die idee van Inspirasie Tafels bly om die plaaslike ouens se werk en goedere ten toon te stel.
Waarna kan jy nog uitsien?
Die hoeveelheid lekkertes by vanjaar se Inspirasie Tafels is legio. Wees deel van ‘n wynproe-ervaring, whiskey-en-kos-passing, ’n sjampanje-en-nougat geleentheid en ‘n jenewer-praatjie.
Inspirasie Tafels sal natuurlik nie dieselfde wees as bekendes nie ook daar te sien is nie. Sit op jou stoel en maak seker hy is stabiel, want die volgende stukkie nuus gaan jou roer: Siba, van Siba’s Table, kom wys vanjaar haar staal agter die kospotte.
Nie net is sy ‘n fantastiese kok nie, maar dis ook baie moeilik om nie van haar te hou nie.
Verder kan ekspo-gangers uitsien na die nuutste Koekedoortjie-wenner, Wicus van Deventer, se verskyning.
Verlede jaar was die eerste Inspirasie Tafels en die geleentheid was baie suksesvol.
Vanjaar gaan beter, groter, lekkerder en treffender wees.
Hou Kollig vir nog inligting dop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie