Ons demokrasie is besig om te glip
FRITZ H DAUSAB SKRYF:
"'Terugskuiwing' (backsliding) word dikwels gebruik om die veranderinge te beskryf aangebring in formele politieke instellings en informele politieke praktyke wat die vermoë van burgers om afdwingbare eise op die regering te maak aansienlik verminder" (Lust & Waldner, 2015).
Demokratiese agteruitgang kan beskryf word as die proses waardeur semi-demokratiese state, soos Namibië, die regte van politieke opposisiepartye beperk, byvoorbeeld deur demokraties verkose leiers uit die parlement te verbied deur bevooroordeelde Speakers, deur onnodige hofsake of selfs ligsinnige verhore van lede van opposisiepartye; die beperking van regte van onafhanklike media, soos gesien kan word in wetgewing oor hokaairoepers of wanneer die president weier om vrae van die opposisie of joernaliste te beantwoord; en derdens deur die beperking van die regte van burgerlike organisasies (Evert-jab Quack, 2019).
Hier kan ek verkeerd wees, maar dit het ook betrekking op instellings soos die kantoor van die Ombudsman en die Teenkorrupsie Kommissie, wat weier om op te tree in die openbare belang, soos in geval van beweerde korrupsie by August 26, die aankoop van plase deur die ministerie van verdediging of die verkoop van plase deur die eerste minister aan die regering, omdat ons 'n Swapo-elite het wat die polisie en justisie beheer. Hoe regverdig sal dinge wees vir die opposisie?
Uribe Burcher en Bisarya (2017) noem dat politieke leiers toenemend daarin slaag om hul politieke mag te gebruik deur “kiesnorme te manipuleer, meningsverskil en vryheid van spraak te beperk en die grondwet te verander om hul ampstermyn uit te brei – alles binne die wettige reg raamwerk van die demokratiese stelsel.” Regerings wat die demokrasie inperk, gebruik die wet om burgerlike ruimte en politieke vryhede te verminder, om onenigheid te bevorder en politieke opposisie uit te skakel, en die rol van die burgerlike samelewing te beperk.
Die geforseerde stilmaak van LPM-parlementslede is 'n manier waarop outokrasie die Namibiese demokrasie benadeel.
In eerste plek het die president geweier om vrae te beantwoord, tweedens is die Harambee-welvaartsplan II ontleed en gebrekkig gevind. As gevolg van verleentheid het die president se private sekuriteit uitgespring en Hennie Seibeb uit die parlement gesleep. In plaas daarvan om die gewaardeerde eienaar van HPP2 of president tot orde te roep, het die Speaker die ouderdomskaart gespeel en die LPM-lede uit die parlement gejaag.
Die strategiese manipulasie van verkiesings, wat toegang tot media belemmer, staatsfondse vir veldtogte inspan, opposisiekandidate inperk, die registrasie van kiesers belemmer, verkiesingskommissies beheer, kiesreëls verander om die in mag te bevoordeel en teenstanders te benadeel, word op so 'n manier gedoen dat die verkiesing nie bedrieglik voorkom nie (Bermeo, 2016).
Namibië is 'n regime wat sommige elemente van grondwetlike demokratiese regering handhaaf, soos 'n veelpartystelsel, verkiesings en onafhanklike howe (Uribe Burcher & Bisarya, 2017). Soos Jelmin (2012) getoon het, kan ander instellings, soos die regbank en die media, druk uitoefen en die verswakking van die demokrasie teenwerk wanneer een instelling misluk.
Maar as die parlement deur die uitvoerende gesag beheer word, waar kan Namibiërs dan die vryheid verwag om die regte vrae te vra? Aan die uitvoerende gesag, wat deel is van die korrupte politici met viskwotas, sjebeens, vyfsterplase en kinders wat in ander lande studeer op staatsbeurse?
Aktiviste kan inligting en eise aan opposisiepartye oordra, terwyl hulle gewone burgers vir betogings en verkiesings mobiliseer. Daarom is mense op voetsoolvlak waardevol vir opposisieleiers, “wat met groter vertroue kan mobiliseer sodat hul basis nie onder druk van die regime in duie stort nie. Dit maak opposisieleiers meer geneig om mag deur konfrontasie na te jaag” (Buckles, 2017).
Baie lande het ná 11 September 2001 anti-terreurwette aanvaar wat terrorisme breedweg definieer en anti-staatsaktiwiteite beklemtoon, en hulle het hierdie wette gebruik om politieke opposisie te smoor. Die gevaar bestaan dat burgerlike organisasies en media wat minderbevoorregte groepe verteenwoordig, vervolg en stilgemaak kan word as beweerde instrumente van buitelandse magte.
Soos wat nou in ons sogenaamde Namibiese Huis gebeur, waar 'n lyfwag hoogverraadsake teen ongewapende parlementslede aanhangig maak. As parlementslede van die opposisie nie die uitvoerende gesag verantwoordbaar kan hou nie, kan ons dan regtig op die regbank staatmaak?
Of moet ons die roete volg van Job Amupanda, nuwe burgemeester van Windhoek, wat die keuring en aanstelling van 'n uitvoerende hoof vir die hoofstad aan die publiek wil toevertrou?
En op Eagle FM wou Swapo nie eens aan openbare debatte tussen presidensiële kandidate deelneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie