Ons dorpsraad kan nie Bastergrond vir skuld verkoop
MARTIN DENTLINGER SKRYF: Ek weet nie of almal besef dat die Vaderlike Wet 'n privaat, voorwaardelike verbondsdokument is wat 'n privaat assosiasie van vrywillige lidmate deur privaat kontrak tussen die Basterkaptein en burgers gesluit het nie.
Wat dan is 'n privaat vereniging en waarom is dit belangrik om die fondasie waarop die RBG gestruktueer is te verstaan?
Die konsep en struktuur van private assosiasies bestaan al vir vele eeue. Dit word beliggaam in The Law of Nations deur Emerich deVattel, en is deel van 'n regsvorm wat al vir baie lank beveilig en beskerm word. Dit wys dat eerwaarde Heidman 'n Herder met regskennis was deurdat hy die Vaderlike Wet op die grondslag geskoei het.
As die assosiasie wat die burgergemeente is nie korrek as regstruktuur verstaan en nougeset gevolg word nie, word dit verstrengel met ander jurisdiksies (juris = wet; diksie = woorde). In die woorde van ander wette sal die assosiasie sy status en stand verloor.
Dit is presies wat sedert Duitse tyd gebeur het en wat erfgename in 'n slawementaliteit laat verval het. Landhere (burgers) het wat van hulle grond en rykdomme afstand gedoen en hulself slawe gemaak van nuwe heersers, wat hulle ryk gemaak het deur hul arbeid, waarvoor hulle net pennies as loon ontvang het.
Om die trots van Rehoboth Burghers te herstel, moet die erfgename verstaan hul status en stand word al eeue in die Westerse en Engelse reg beskerm. Bonde, gildes en kerke tel onder die baie ander organisasies wat dieselfde regstruktuur benut.
So 'n assosiasie sluit die reg in om 'n eie "regering" of bestuur, 'n eie regsvorm, 'n eie hof en 'n eie skatkis as 'n private bank op te stel.
Die RBG is in 1872 as so 'n private vereniging gestig. Die kantoor van die kaptein is slegs toesighouer oor, of administrateur van die boedel, of trust, wat aan die direkte afstammelinge behoort. Hulle is die eienaars van die vereniging se kollektiewe eiendom en verkies 'n kaptein, Burgher Voorsitter (moderne ombudsman) en rade om die eiendom te bestuur.
Enige ander struktuur, geskep deur 'n vreemde wet, kan nooit wetlik dieselfde status en stand van vryheid skep nie.
Om die kapteinskantoor toe te vertrou aan vreemdelinge, wat oor jare geen respek daarvoor betoon het nie, vernietig die status, stand en kapasiteit van die private kollektief. Hierdie vernietiging en selfverryking deur 'n tipe mafia-elite is immers duidelik waarneembaar in Rehoboth dorp en dorpskampe.
Die kantoor van die kaptein is 'n ewigdurende amp, net soos die van 'n biskop, predikant of sendeling, waarin alle bates wat aan die vereniging behoort in trust geplaas word sodat die kaptein en sy raad – gelei deur die Vaderlike Wet – die missie en doelstellings van die vereniging kan uitvoer. In die reg heet dit ook 'n "corporation sole".
Die Bastergemeente is in eenvoudige taal 'n selfstandige sendinggenootskap los van die kroon van 'n regering. Onthou altyd dat ons elkeen in ons persoonlike hoedanigheid, uiteindelik voordeel en belange as ons ewige lewensgeskenk in die vereniging hou. Selfs die Namibiese regstelsel se reëls maak daarvoor voorsiening en niks kan op ons afgedwing word sonder vrywillige toestemming nie. Skending van hierdie regsdoktrine maak hulle skuldig aan slawerny.
Het u dan vergeet dat wyle kaptein John McNab en ek die kontrakaanbod van hulle aktewet verwerp het? Die wat teenwoordig was kan daarvan getuig. Die koerant het die verwerping deur ons gepubliseer.
In Minister Alpheus Naruseb se eie woorde soos volg: “Ek het nie gekom om julle te vra nie. Ek het gekom om julle te sê ek gaan julle aktewet vervang”. Terwyl die kontrak wat voorgehou was as onderhandelbaar op die tafel voor ons gelê het.
Selfs die Suid-Afrikaanse wet 93/76 toon duidelik die voorwaardes waaronder die grond toegeken was: vir onderhandeling ter goeder trou. Die Namibiese regering was nooit 'n party tot daardie kontrak nie.
Die dorpsraad het daarom geen gesag om boedelgrond vir die delging van hul nimmereindigende skuld te verkoop nie. As iemand dit sou koop, koop daardie persoon, instelling of besigheid 'n vervalste verband.
Hierdie skrywe word gerig as kennisgewing uit die kantore van die wetlik verkose Kaptein en Burgher Voorsitter.
(Geredigeer en verkort - Redakteur)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie