Ons ekonomie en ons regte is op die spel
WIMPIE KRUGER VAN WINDHOEK SKRYF:
Reg met die aanvang van die Covid 19-maatreëls het ‘n persoon die stelling gemaak as die hantering van Covid-19 in die hande van politici en gesondheidsamptenare gelos word, sal Namibië ekonomiese ondergang beleef. Hoe akkuraat en waar was die stelling nie.
By die lees van Republikein gedateer 5 Mei 2020 is die woorde bewaarheid. Hoe bewillig die ministerie van finansies N$87 miljoen vir die aanstelling van 3 000 personeellede vir die volgende ses maande net om Covid te monitor en dokter? Vergelyk die bedrag met 16 positiewe coronagevalle waarvan agt persone herstel het. Dit bring my by N$10 miljoen of 375 medici vir elke Covid-19-geval huidiglik in ons land. Dit terwyl daar geen Covid-sterfgeval in Namibië is nie.
Hierdie bedrag terwyl die minimum ekonomiese aktiwiteit plaasgevind het om staatsinkomste te genereer.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste het hom klaarblyklik nie vergewis van die wêreldtoestande in ander lande nie, byvoorbeeld Swede. Nog minder het hy die statistiek van Hepatitis E se resultate by ons in Namibië nagegaan, wat mense hier doodmaak.
Die klem lê op die hantering van geld wat nie begroot was nie in vergelyking met die data van Covid-19 in ons land.
Een voorbeeld is die maskers wat Dinapama in die duisende gemaak. Graag sal ek wil weet wat die koopprys van die maskers is. Nog ‘n Fishrot-pandemie?
By die lees van die artikel “Alkohol nou (weer) heeltemal verban” in Republikein gedateer 06 Mei 2020 het ek net weereens tot die besef gekom dat die huidige regerende party ‘n verskuilde agenda uitvoer waarvan baie besighede nie die implikasies raaksien nie. My stelling gaan oor die totale verbod op die verkoop van enige alkoholprodukte met spesifieke verwysing na bier en die president se woorde tydens 'n NBC-mediakonferensie dat Namibië ‘n land van alkoholiste is.
Ek wil my stelling hieroor verdedig deur te sê Namibia Breweries sal hierdie voorgesette verbod gegrond op Covid-19 in Namibië en Suid-Afrika moeilik finansieël oorleef. Wil die regering as staatsinstelling (SOE) of deur Swapo as regerende party dalk die steunpilaar-nywerheid oorneem? Dan het die regering totale beheer oor die ekonomie van Namibië gesien in die lig van beheer oor kommunikasiekanale soos MTC, Telecom en NamPost, beheer oor Meatco en Amta.
Wat ‘n lieflike stimulus vir ons ekonomie om te herstel as die restaurante en bottelstore saam met die brouery ondergaan omdat hulle nie mag besigheid doen nie. Hoeveel werkloosheid wil ons nog skep in Namibië?
Watter privaatbesigheid in Windhoek het sommer N$100 000 (huur vir twee maande) om weg te gooi en dan word hulle botter om die mond gesmeer met finansiële ondersteuning wat weer terugbetaal moet word? In effek bestaan ons regte as landsburgers net in die Grondwet, wat onder die vaandel van Covid-19 totaal ignoreer word.
Is ons besig om die einde van demokrasie in Namibië te sien?
Teen die einde van 2020 sal ons in ‘n hongersnoodpandemie vasgevang wees en as jy nie jou eie kos produseer nie, sal jy honger ly soos ons pensioenarisse.
Hulle moet vir my bewys hoe hulle die maak en verkoop van tombo in die Noorde van Namibië beheer en dieselfde regulasie daar afdwing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie