Ons gedrag teenoor die bosreuse
PETRUS VENTER SKRYF:
Die moord op Voortrekker dwing my gedagtes onwillekeurig terug na ‘n laat agtermiddag in April 2017 in die Babwata Nasionale Park.
Ons sit rustig en wag by ‘n gewilde watergat aan die oewer van die Kwandorivier. Twee honderd meter verder is ‘n Cruizer-bakkie van 'n safari-onderneming (naam verstrek) geparkeer met ses insittendes by dieselfde drinkplek.
Die insittendes in ons voertuig, o.a. agt buitelandse toeriste stem saam dat bg. voertuig heeltemal ongehoord langs die wildspaadjie geparkeer was – reg in die pad van ‘n trop dorstige olifante, toe ongeveer ‘n halwe kilometer ver, maar reeds op pad.
Die son sit al laag. Die stofwolk wat die naderende dorstige trop opskop, is soos ‘n teatergordyn wat oopskuif.
En toe is hulle daar – ‘n groot trop koeie en kalwers. En so kry ‘n jongman sy “drone” agterop die gewraakte bakkie gereed vir opstyg. Daar’s hy!
En toe bars alle hel los! Skrikwekkend!
Dit klink soos ‘n magtige swerm bye. (Kenners beweer dat olifante heeltemal ontsenu word deur heuningbye en halsoorkop sal vlug.) So staar ons in geskokte ongeloof.
Baba-olifantjies word in die harwar omgestamp. Die angstige koeie se getrompetter dring deur murg en been. Geen kans vir die dorstige diere om te drink nie. Hier bo in die lug hang die “drone” en terroriseer die trop.
Chaos! Hulle breek op – mammas probeer hul dorstige kleintjies op ‘n droë terugtog aanpor. Bosse kraak en die stofgordyn verswelg selfs die hangende "drone".
Stilte . . . En toe is die bizarre toneel verby. ‘n Aangedane toeris vee haar trane van haar duur kamera af. Die aandskemering probeer ons met troos toevou. Dit is ‘n stille terugtog in ons bosvoertuig na Gondwana Namushasha Lodge se knetterende, welkome vuurtjies.
Gondwana Namushasha Lodge het destyds die voorval onder die betrokke owerhede se aandag gebring, maar soos in die geval van Voortrekker het daar dadels van gekom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie