Ons gemeente hoef nie 'gered' te word
Ons gemeente hoef nie 'gered' te word

Ons gemeente hoef nie 'gered' te word

Dani Booysen
NUUSVRYSTELLING, 31 Januarie 2018:

Die hooggeregshof se uitspraak van 1993 met betrekking tot die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) spel die status van die RBG duidelik uit, naamlik:

• die Vaderlike wette het onafhank­likheid oorleef;

• die Kantoor van die Kaptein bestaan;

• die RBG is 'n vrye assosiasie van lede.

Die Kapteinskantoor het sy ontstaan uit die Vaderlike wette, wat die aanwys en verkiesing van sodanige Kaptein duidelik uitspel. Verder bevestig genoemde Vaderlike wette die jurisduksie en outoriteit van die Kaptein en Kapteinskantoor.

Die Vaderlike wette, as Konstitusie van die RBG, is 'n kontrak tussen alle ingeskrewe lede van die RBG en voldoen aan die voorskrifte van 'n hedendaagse kontrak.

Voorskriftelike wetgewing in die Vaderlike wette met betrekking tot 'n verantwoordelike burger of beskermde burger vir genieting van volle burgerregte moet ten alle tye nagekom word.

In terme van die Vaderlike wette het lede van die RBG onder andere die volgende verantwoordelikhede:

1) registrasie as lid;

2) betaling van belasting;

3) respek vir en onderhewig wees aan die Vaderlike wette.

Na 'n lid sy/haar verpligtinge nagekom het, kan sodanige lid aan 'n Kapteinsverkiesing deelneem, asook alle ander voordele geniet.

Na aanleiding van bogenoemde feite wil die Kaptein van die RBG en sy kantoor hulle in totaliteit distansieer van die nuut verkose organiseerders van die “Red die Rehoboth Baster Gemeente groep”, by name menere Aldon Cloete, Bismark Van Wyk, Heleon Beukes, Jan Van Wyk, Gino Van Wyk, Manfred Draghoender (Kat), Lukas de Klerk, past. Basie Van Wyk, past. George Kotze, Henry Beukes, Josef Izaaks, Tony Olivier, Jacky Britz, Roy Beukes, Edgar Dunn (Karretjie) en Andy McNab.

Hierdie organiseerders van die “Red die Rehoboth Baster gemeente groep” is nie ingeskrewe lede van die RBG nie. Hulle opereer geensins onder die gesag van die Kaptein of Kapteinskantoor nie, het geen mandaat van die Kaptein nie en opereer totaal teenstrydig met voorskrifte van die Vaderlike wette. Inteendeel, die Vaderlike wette maak voorsiening hoe klagtes geadresseer en hanteer moet word, indien sodanige klagte/s bestaan.

Die Kaptein en sy kantoor sien die aksie van bogenoemde organiseerders as ondermyning van sy gesag en totale minagting van die Vaderlike wette.

Die Kaptein van die RBG en sy kantoor wil dit duidelik maak dat daar geen assosiasie en of geskrewe ooreenkomste tussen die Kapteinskantoor van die RBG en die United People's Movement (UPM) bestaan nie. Indien daar 'n verstandhouding tussen die gewese president, mnr. Bismark Van Wyk, en die eerbare kaptein John McNab sou wees, was hierdie akkoord lank gelede deur stilswyende en blatante ondermyning van die kapteinsgesag verbreek.

Die nasionale voorsitter van die United People's Movement (UPM), mnr. Jan J. Van Wyk, was nooit en is geensins 'n verteenwoordiger van die RBG, Kapteinskantoor of Kaptein op welke vlak ookal, hetsy reëlings ten opsigte van vergaderings, politieke veldtogte, ens.

Die Kantoor van die RBG is apolities en het geen assosiasie of politieke bande met enige politieke party nie. Beide liggame (RBG en UPM) het hul onafhanklike konstitusies waarin genoemde liggame geensins erkenning gee aan mekaar nie.

Die Kapteinskantoor is privaat en soewerein, terwyl die UPM regeringsgelisensieerd is, fondse van die regering ontvang en deur regeringsvoor­skrif bestaan en gereguleer word.

Die posisie van die Kaptein en sy kantoor is steeds dat die onteiening van grond en burgererwe nie verpolitiseer moet word nie, en dat outoriteit vir gesprekvoering en onderhandelinge van enige aard onder die mandaat van die Kapteinskantoor sal geskied. Sodanige gesprekvoerings in die verlede deur ongemagtigde persone en liggame het nie ongesiens verbygegaan nie, waarna die Kaptein en sy raad hul ontevredenheid te kenne gegee het.

Binne die raamwerk van die primêre fokus van die strategiese span wat deur kaptein McNab bemagtig is, oorweeg die span ook die grondbeginsels van selfgenerering, selfkorrigering, selfverantwoordelikheid en rigtingbepaling vir die Gemeente. Om dit te kan doen, moet hulle nougeset doen wat reg is onder voorskrif van Die Skepper. Een van die ander kriteria vir die betrokkenes wat bepalend is, is heelhartigheid, wat die sleutelkomponent vir bereidwillige selfkorreksie is.

Lede wat meer inligting rakende die registrasieproses wil bekom, is welkom om in kantoorure navraag te doen by selnommer 081 207 7877.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!