Ons het mandaat vir kapteinsverkiesing
Ons het mandaat vir kapteinsverkiesing

Ons het mandaat vir kapteinsverkiesing

Mandy Rittmann
HELEON BEUKES SKRYF:

As voorsitter van die vergadering op Sondag 11 Maart 2018, rig ek hierdie skrywe.

Die ongrondwetlike wyse waarop Martin Dentlinger aangestel was, was die primêre beweegrede hoekom die Red Rehoboth Baster Gemeente as 'n a-politiese groep, wat verteenwoordig word deur Rehoboth burgers en hul vereenselwig met die etniese benaming “Baster”, ontstaan het.

Die voorvoegsel "RED" beteken bevry, beskerm en bewaar. Dit wil sê om in alle moontlike fasette van die gemeenskap op te tree of dan bydraes te lewer wat lei tot gemeen­skapsopheffing en werkverskaffing, wat bydra tot 'n gesonde gemeen­skapsarena.

Hierdie groep beskou die Vaderlike Wette as 'n wetlike dokument en is van mening dat die Namibiese regering dit erken soos vervat in die hofuitspraak van 1993. Die groep is ook van mening dat daar wysigings aangebring moet word, wat daadwerklik van toepassing moet wees in die hedendaagse bestel.

Hiermee wil ek aan die gemeenskap en publiek dit baie duidelik stel dat die primêre doel van hierdie vergadering was om die ongrondwetlike aanstelling van Martin Dentlinger as waarnemende kaptein deur mnr. John McNab te bespreek. Hierdie doel was dus aan die gemeenskap voorgehou by die aanvang van die vergadering.

Mnr. J. T. van Wyk het die geleentheid om 'n vraag te vra, misbruik en het vorendag gekom met 'n kort toespraak en daarna met 'n vraag wat verband hou met die UPM as 'n politieke organisasie. Hy was dus nie deur die voorsitter toegelaat om voort te gaan nie, maar het steeds voortgegaan en dus die bepalings van die vergadering ondermyn.

By hierdie vergadering was ook 'n petisiebrief oorhandig deur mnr. J. T. van Wyk, wat die komitee beskou as onwettig, sienende dat die handtekeninge op die brief deur inwoners van Schlip nie eg is nie, d.w.s. by sekere gevalle deur een persoon in die hoedanigheid van 'n familie geteken.

Die groep is van mening dat mnr. J. T. van Wyk is deur Martin Dentlinger gestuur om die vergadering te ontwrig.

Die volgende fundamentele voorskrifte uit die Vaderlike Wette vorm die basis van die komitee se mandaat.

Die kandidaat moet 'n man van statuur (onbesproke burger) wees. Dit wil sê, 'n man van een vrou, solvent en van aansien.

1) Die Vaderlike Wette skryf ook voor dat die Kaptein die oudste raadslid moet benoem as tussentydse kaptein.

“Artikel 2: . . .in geval van overlyden van den kaptein of als hy genoodzaakt zyn, zyn ambt te bedanken, moeten de burgers dadelyk te zamen vergaderen eenen anderen Kaptein te kiezen en te benoemen. Artikel 3: Voor den tyd dat te burgers nog geenen niewen kaptein gekozen en benoemd hebben zal de oudste van de twee Raadslieden (en wel de ouste in het ambt) die den kaptein te zyde staan, als provisionele kaptein het bestuur overneemen.”

Martin Dentlinger het geensins deel uitgemaak van die Kapteinsraad of Volksraad nie.

2) Die Vaderlike Wette stel ook duidelik dat die Kaptein die gemeenskap moet inlig omtrent sake rakende die gemeenskap. ". . .moeten de burgers dadelyk te zamen vergaderen een en anderen Kaptein te kiezen en te benoemen.”

Geen gemeenskapsvergadering het die afgelope 28 jaar plaasgevind nie. Dus is die volk in die duister, want die kantoor is dormant.

Tydens hierdie vergadering het die gemeenskap by wyse van stemming aan die komitee die mandaat gegee om dus voort te gaan met die reëling van 'n verkiesing om die gemeenskap toe te laat om te stem vir die Kaptein van hul keuse.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!