'Ons het nie geld vir 'n kis gehad nie'
'n Man sê die graf wat hy vir sy suster se doodgebore baba moes grawe, was die langste halfuur van sy lewe.
Tuyeimo Haidula op Oshikuku – Die man wat in ’n video verskyn waarin hy ’n boks met die lyk van ’n pasgebore baba loop en dit by die Oshikuku Rooms-Katolieke Kerk in die Omusatistreek begrawe, sê hy is teleurgesteld dat hul teëspoed op so ’n manier ontbloot moes word. Mnr. Uleinge Whilliam (33) is die naweek op sosiale media gesien waar hy deur ’n verbyganger saam met sy suster me. Veronicka Michael afgeneem is waar hy ’n boks vashou.
Namibian Sun het met Whilliam by sy werk in Oshikuku gesels waar hy vertel het hy is in Namibië gebore, maar het in die Amahona-nedersetting in Angola grootgeword.
Volgens hom het sy suster die Onheleiwa-kliniek in die Omusatistreek aan die einde van Desember besoek waar aan haar gesê is haar baba beweeg nie. Sy is vir verdere ondersoek na die Oshikuku-hospitaal waar sy geïnduseer en ’n stilgeboorte gehad het.
“Sy het vir my ’n boodskap gestuur dat haar baba doodgebore is. Sy het gesê die verpleegsters het gesê sy moet ’n familielid vra om haar te help om die baba te begrawe,” het hy gesê.
Whilliam sê op 2 Januarie het hy van Onheleiwa na Oshikuku gereis waar hy omstreeks 14:00 aangekom het. Volgens hom was die begraafplaas gesluit en kon hulle nie toe die baba begrawe nie.
Hulle is aangesê om Maandag (4 Januarie) terug te keer om die baba te begrawe en wat hulle toe gedoen het.
Volgens Whilliam het hy aan die hospitaal gesê hulle het nie geld vir ’n kis nie. Hy en sy suster is ’n boks gegee wat volgens die hospitaal die norm is om aan die te gee wat hulle in dieselfde situasie as hy en sy suster bevind en nie ’n kis kan bekostig nie.
“Die hospitaalsuster het vir my gesê om ’n gat so diep soos my knieë te grawe sodat die honde nie die lyk kan uitgrawe nie. Ons is na die begraafplaas toe en hulle het vir ons ’n plek gewys. Ek het sowat 30 minute die gat gegrawe,” het hy gesê.
Sy oë vul met trane soos hy vertel van die “langste 30 minute van sy lewe”.
“Ek het vir myself gesê dit is die lewe, ek moet dit doen en namens my suster sterk wees. Sy het nie ’n enkele woord die hele tyd gesê nie. Ek kon sien sy was ongelukkig.”
Nog ’n geboorte-, nog ’n doodsertifikaat is uitgereik omdat die ma nie nasionale dokumente het nie.
In terme van die wet vir die registrasie van geboortes en sterftes, word ’n sterftesertifikaat uitgereik as die vrou 32 weke swanger was en ’n stilgeboorte gehad het. Die ouers kan kies om die fetus die begrawe of te veras. Sou dieselfde vrou besluit om noodgedwonge haar swangerskap weens ernstige abnormaliteite op 32 weke te beëindig, word die fetus as mediese afval beskou.
Volgens Whilliam laat die video hom “sleg voel” omdat die persoon wat hom afgeneem het, nie toestemming gevra het nie.
“Is dit oor die boks? As ons die geld gehad het, sou ons ’n kis gekoop het. As ek na die video kyk, dan bloei my hart. Selfs vir my suster wat ek weet waardeur sy gaan. As die persoon net ten minste met ons gepraat het sodat ons kan verduidelik en misleidende inligting so vermy. Die persoon het ons regte geskend. Elke keer as ek na die video kyk, herinner dit my aan die situasie waarin ons is,” het hy gesê. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie