Ons het nie nog alfamans nodig nie, dankie
Ons het nie nog alfamans nodig nie, dankie

Ons het nie nog alfamans nodig nie, dankie

Karin Eloff
Of ten minste nie van die ou soort nie. Daai soort wat in die tagtigs hoogty gevier het nie.

Onlangs is drie bekende Suid-Afrikaners dood. Een bekend vir ’n balspeletjie wat hy goed gespeel het, en omdat hy onwettige goed aangevang het wat mense graag versag deur dit “stout” te noem; die tweede een was óók bekend omdat hy oulik kon bal skop en allerhande “stoutigheid” aangevang het.

En die derde een was Johnny Clegg.

’n Mens wat sy talent gebruik het om kulture te oorbrug, wat die aandag nooit op homself gevestig het nie, maar op sy droom van ’n kultureel verenigde Suid-Afrika – iemand wat meer gedoen het om rassisme te bestry as die meeste politici van sy tyd, iemand wat nie nodig gehad het om ander te oorskadu om uit te blink nie.

Johnny was nie bekend daarvoor dat hy mense aangerand het, drugs gedoen het of vrouens geslaan het nie. En tog bestaan die patetiese opvatting dat die “stoutseuns” tog te oulik is – die alfamanne is.

Asseblief man, is dit nie bietjie tyd dat ons die alfaman herdefinieer nie?

Die ou alfaman is daai dude wat met sy brannas en coke om die braai by die manne spog hoe hy hierdie chick en daai chick bygekom het en hoe baie hy kan drink en hoe vinnig hy op sy dag pale toe kon hol, en hoe jy net na sy raad moet luister as jy ’n kar/huis/vliegtuig/jet ski/munisipaliteit/kind/hond wil koop, want hy weet alles. Soos in álles.

Hy sal jou ook vinnig vertel hy het op sy dag dwelms soos ’n hoover geschnarf en niks oorgekom nie, soos ’n hings gevry, en natuurlik hy sal hierdie jong, sagte mannetjies van vandag maklik onder tafel kan insuip én nog ’n ding of twee op die rugbyveld kan wys. En kyk net wat kan sy fitbit wat hy nooit gebruik nie alles doen, dit kan selfs die kind wat hy al weer by die skool vergeet het, gaan oplaai.

Whoopee. Boring. Gee eerder my Huisgenoot aan.

Kom ons kyk na die nuwe alfaman. Die soort wat sommer baie meer bestaansreg het.

Hoewel hierdie ou soort ongelukkig steeds in ons midde is en baie aanhang onder die stomper potlode in die pakkie geniet, is daar ’n baie besliste skuif na ’n nuwe soort alfaman.

Die wêreld respekteer die outydse “stoutseun” al minder en ondersteun die nuwe soort al meer – daai ou wat die wêreld probeer beter maak eerder as om te probeer bewys hoe hard hy kan suip/vry/balletjies skop.

Ouens wat apps ontwikkel wat mense se lewens kan red, ouens aan die voorpunt van die Mars-wedloop of die tweede maanwedloop, ouens wat vir minderhede se regte baklei, ouens wat harte oorplant, grensverskuiwende navorsing doen, vir die underdog opstaan, wat wetmakers oortuig om die Grondwet minder Middeleeus te maak, wat dinamiese nuwe boerderymetodes help ontwikkel en navors, manne wat dáár is vir hul gesinne, manne wat doeke omruil en opstaan teen rassisme, seksisme en homofobie. Húlle is die nuwe alfamanne.

En hoor my lied: Chicks dig it. Om die waarheid te sê, almal dig dit. En gaan dit al meer dig.

En die beste van als? Die nuwe alfaman kan mos vroulik ook wees. Hoekom moet daar hoegenaamd nou eintlik alfa-enigiets wees as ons almal goeie selfbeelde het met niks om te bewys nie?

En as almal net daarop kan fokus om die wêreld in plaas van ons eie ego’s te red, is ons sommer nog vinniger ontslae van daai outydse alfaman – daai “stoutseuns” wat eintlik maar al die tyd losers was.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!