Ons het ons kinders gefaal
Ons het ons kinders gefaal

Ons het ons kinders gefaal

Denver Kisting
Namibiërs het nog nie eens kans gehad om te herstel van die skok van 'n 26-jarige pa wat na bewering verlede week sy tweejarige fisiek gestremde seuntjie in 'n vlakgraf in 'n mahanguveld begrawe het nie, toe die nuus Saterdag rugbaar word dat nóg 'n kinderlykie ontdek is.

'n Afgetrede oudonderwyser het glo te voet op pad na 'n winkel vroegoggend in die hoofstad op dié gruvonds afgekom: die onherkenbaar verbrande lykie van 'n meisie wie se ouderdom op tussen sewe en tien jaar geskat word.

Die oorskot is in 'n reusevullisdrom aangetref.

Teen gister het niemand nog vorendag gekom om die lyk uit te ken nie.

Daarnaas was die geweldenaar(s) steeds op vrye voet.

Meer as 'n jaar sedert die erg verminkte lykie van die negejarige Avihe Cheryl Kaimu-Ujaha in 'n rivierloop ontdek is, is niemand ook nog weens dié grumoord aangekeer nie.

Trouens, tot vandag toe is al haar liggaamsdele steeds nie opgespoor nie.

Op Rehoboth is 'n geliefde oudonderwyser reeds twee weke in polisieaanhouding omdat hy na bewering sy eie dogtertjie (8) seksueel aangerand het.

Sedert dié beweerde voorval op die lappe gekom het, het meer jong vroue uit dié Hardap-dorpie met soortgelyke bewerings oor volwasse geliefdes of mense in vertrouensposisies vorendag gekom.

Op sosialemediaplatforms is Namibiërs uit alle oorde tereg met afgryse vervul.

Ons het álmal ons kinders gefaal en 'n mens behoort te wonder waar sal ons kinders se hulp vandaan kom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!