Ons hoop CR kan hierdie skip draai
Judith February
In sy meer sober derde staatsrede Donderdagaand het pres. Cyril Ramaphosa onder meer verwys na die uiterste uitdagings wat die land in die gesig staar – spesifiek met betrekking tot werkloosheid en ’n gebrek aan ekonomiese groei.
Hiervoor, so wil dit voorkom, is hy vasbeslote om die Nasionale Ontwikkelingsplan, wat soos baie regeringsplanne stof versamel het, te laat herleef.
Daar is nou sewe fokusareas (in Februarie was daar vyf) en vyf doelwitte vir die volgende tien jaar: armoede, ongelykheid en werkloosheid, ekonomiese groei, werk aan 2 miljoen jeugdiges, onderwys (elke tienjarige moet kan “lees met begrip”) en om misdaad te halveer.
Niemand kan die president kwalik neem dat hy hierop wil fokus nie, en sy eie verbintenis hiertoe is duidelik opreg. Tog het dit gevoel soos oudpres. Thabo Mbeki rondom 2005, met onder meer spesiale ekonomiese sones, groei in produktiewe sektore, infrastruktuurbelegging, die vermindering van die koste van sake doen, toerisme om werksgeleenthede te skep, en maniere om vir jong mense werk te vind.
Daar is ongelukkig geen kitsoplossing nie. Die uitdaging vir Ramaphosa sal op elke moontlike vlak wees. Buiten pogings van sy eie party om hom te ontspoor, móét Eskom reggeruk word.
REDDINGSBOEI OP PAD
Ons weet dat nog ’n reddingsboei op pad is, maar wat van die ander staatsondernemings? Eskom is dalk “te groot om te faal”, maar die SAL, Prasa en ander tap die fiskus ewe fluks. Ramaphosa besef dit terdeë – dit is waarskynlik ’n geval van om die olifant stukkie vir stukkie te eet. Hy het geen keuse nie.
Dalk het hy na Eskom verwys toe hy gesê het daar sal moeilike besluite geneem moet word, en nie almal sal daarvan hou nie. Die vraag is, afgesien van die reddingsboei, hoe kan Eskom gered word, indien dit wel gedoen kan word?
Oor onderwys was Ramaphosa in die kol met sy fokus op basiese onderwys, maar almal weet die onderwysvakbond Sadou is ’n reuse struikelblok vir gehalte-onderwys. Sy lede word nie aanspreeklik gehou nie en daar is geen ernstige nagevolge vir swak onderwysers en skoolbestuur nie.
’n Mens kry die gevoel dat Ramaphosa vir strategiese redes die anti-korrupsie-retoriek afgeskaal het, hoewel daar geen twyfel bestaan dat die heropbou van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) voortstu nie. Dit is goeie nuus.
Die herbouwerk moet alliansies insluit, asook aksie deur implementering. Herbou moet ons herbou, maar dalk is party van ons meer vasberade as ander. – Netwerk24/Berig verkort

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie