Ons is almal aanspreeklik
Eienaarskap van ons land en sy goed is nodig om die toekoms te bereik wat ons almal wil hê.
Ons grondwet is uitstekend, en saam met onafhanklikheid het ’n droom posgevat wat Namibië inderdaad die glimlag van Afrika sou maak.
Maar Namibië is vandag ’n bek sonder tande met ’n stink asem en ’n stukkie van gisteraand se vet wat nog iewers tussen die tande vassit.
Die “dapperes” in die land is eerder besig met bedrog, uitbuiting, korrupsie en die plundering van plaaslike hulpbronne as om die samelewing te verbeter en medemenslikheid na te streef.
Hier heers die ingesteldheid dat die land iets aan elkeen verskuldig is, en almal het die reg om te vat wat hy of sy wil – te hel met die res.
Omgee en versorging word van die hand gewys, terwyl die televisie skepsels van Amerika se malligheid verafgod.
Kyk net na plaaslike gebeure en voel hoe tuimel jou moed vir ons gesamentlike toekoms.
Moontlik dra dié donker vooruitsig ook tot die sinnelose onmiddellike bevrediging van ons banale begeertes by.
Die polisie neem ’n vrou in hegtenis wat haar man glo desperaat aan die lewe probeer hou deur onwettige geneesmiddels te kweek, en die howe weier om haar borgtog te gee.
Intussen word vermeende moordenaars toegelaat om uit selle te ontsnap.
Die owerhede wat ons woude moet beskerm, gee hul toestemming vir die vervoer en uitvoer van Namibiese hout.
Die regering se geld is beperk, maar net ’n derde word bestee, wat vir kapitaalprojekte bedoel is.
Die nasionale lugredery kan nie een van sy belangrikste roetes diens nie, weens die vrees dat beslag op hul vliegtuie se brandstof gelê sal word.
Die heining om Etosha is te duur om te bou, en veeboere is desperaat op soek na voer in die droogte.
Wat gesondheid, onderwys, padveiligheid, die bekamping van werkloosheid of die verskaffing van behuising betref, is daar net mislukking en verrotting.
So sal ons nêrens kom nie, mense. So kan dit nie aan gaan nie. Ons moet almal iets doen. Daai iets begin by ons ingesteldheid en word in ons aksies weerspieël.
Eerstens moet ons almal besef die land is niemand enigiets verskuldig nie.
Om die waarheid te is óns eintlik die land verskuldig.
Die verandering in ons ingesteldheid moet weerspieël word in ons daaglikse optrede.
As jy die gemors sien; tel dit op. As iets vuil is, maak dit skoon. As iemand iets verkeerd doen, meld dit aan. Neem aksie. Staan op. Teken protes aan.
Ons kan nie so oop-oë die duisternis invaar nie. Ons kan nie ons toekoms in die hande van onbevoegde, bevoorregte, afgunstige en selfsugtige mense laat nie.
Namibiërs is te passief.
Ek twyfel of die meerderheid besef wat op die spel is. Glo my, dit kan nog baie erger met ons almal gaan en tans lyk dit of dit sál.
Tog kan ons saam hierdie skip omdraai en die gety omswaai.
Daar is ook nog baie goeie dinge in Namibië.
Ons moet dit waardeer en daarop fokus om hierdie goeie geleenthede te bevorder en versprei.
Terselfdertyd moet ons die vrot appels uitsoek en ontwurm.
Dit is tyd dat ons aandring op die verwesenliking van die Namibië wat moontlik is, en dat ons die Namibië wat vandag bestaan, op die vingers tik.
Die president sê 2019 is die jaar van aanspreeklikheid.
Hou almal aanspreeklik.
Begin by jouself, en sien niemand oor nie.
Dit is tyd dat ons almal verantwoordelikheid neem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie