Ons is almal ons kinders se hoeders
BAIE BEKOMMERDE BURGER SKRYF:
Aan die oudonnie van Rehoboth en alle ander beweerde en skuldig bevinde kindermolesteerders in Namibië.
Ek self het nie meer klein kinders nie, maar my hart pyn vir hierdie klein, onskuldige kinders wat so misbruik word, veral deur mense wat veronderstel is om hierdie kleintjies te beskerm. Hierdie dinge gebeur nie net op Rehoboth nie, maar dwarsoor Namibië.
Ons lees dit daagliks. Oor kindermolesteerders wat kinders se lewens verwoes.
Die woord van die Here (die Bybel) verklaar dat dit 'n gruwel is om die goddelose regverdig te verklaar en die regverdige skuldig (Spreuke 17 vers 15).
Die afgelope week het ons in SMS'e, op WhatsApp en Facebook gelees hoedat lesers skrywe "society turned a blind eye". Ek stem saam dat ons as gemeenskap ons blind hou, want dis nie my saak nie. Mense wat weet hiervan sal moet praat, anders stem jy saam met die verkeerde dinge.
My hart gaan uit na die "most vulnerable girls" wat nie sulke geleenthede het nie, of nie weet wat dit is nie om 'n pakkie skyfies, lekkers of koeldrank te kry. As hierdie wellustige omies dit vir jou gee, gryp jy dit aan. En jy word sy volgende prooi.
Mense praat van jy oordeel iemand, maar verkeerd is verkeerd en reg is reg. Amper 100% van hierdie kindermolesteerders is "normaal".
Vir kindermolesteerders daar buite wat nog nie aan die kaak gestel is nie: Asseblief, soek hulp en stop. Hierdie klein meisies het ook 'n reg om eendag 'n normale jong meisie en normale getroude vrou te wees, maar jy as kindermolesteerder ontneem hulle daarvan.
Kom ons bid vir alle kinders. Bid vir die kindermolesteerders vir genade en dat hulle hul sondes sal erken sodat hulle ook genesing en vergifnis kan ontvang van die Here.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie