‘Ons is een’
In ‘n land waar sommige inwoners toenemend in wedersyds uitsluitende perspektiewe teenoor mekaar stelling begin inneem, is die tragiese skokslagting wat Vrydag in Nieu-Seeland afgespeel het ‘n wekroep vir een en almal.
Die hele wêreld is sedert die naweek besig om nuwe lesse van vreedsame naasbestaan en hoop by dié eilandnasie te leer.
Nie dat Nieu-Seeland in alle opsigte ‘n paradys is nie. Tog word dit geag as een van die mees vreedsame en ontwikkelde state in die wêreld.
Die aanslag waarin 60 mense dusver gesterf het, wys geen land is 100% veilig teen ekstremisme en terreur nie.
“Ons rou saam, namens alle Nieu-Seelanders,” het die land se eerste minister, me. Jacinda Ardern, gister in Wellington in ‘n nasionale boek van medelye geskryf. “Ons is een. Hulle is ons.”
Die jong premier, wat wyd krediet ontvang vir haar en haar regering se hantering van die tragedie, se woorde tref baie verder as Nieu-Seeland. Die aantal harte en verstande wat wêreldwyd ontvanklik is vir die boodskap, is ‘n barometer van die vermoë om grense tussen “hulle” en “ons” aanhoudend af te breek.
Selfs in Namibië haak ons steeds dikwels by “ons” en “hulle” vas.
In die week waarin Namibië sy 29ste jaar van vryheid en vrede vier, moet ook ons Ardern se boodskap ter harte neem.
Of hoef nie mooi broodjies te bak oor waar Namibië die pad byster geraak het en kan verbeter nie. Maar kom ons eer die beginsels waaruit drie dekades gelede geboorte aan ons land gegee is.
So sê ander
18 Maart 2019
Beeld sê
Hopelik is die ANC se reaksie op die uitgelekte stemopname van Faith Mazibuko se skreiende, rasgerigte tirade teenoor twee senior kollegas nie net benoude spronge om skade vir die party in die komende verkiesing te beperk nie.
Mazibuko, Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning, se verskoning word nietemin verwelkom. So ook die ingryping van David Makhura, die premier.
Maar om haar op die vingers te tik of voor die ANC se integriteitskomitee te daag, is nie voldoende nie. Sy behoort gouer eerder as later van haar pligte onthef te word.
Gedrag soos dié behoort konsekwent sterk veroordeel te word. Haar optrede teenoor die hoof en finansiële hoof van haar departement, onderskeidelik ’n wit en ’n Indiërvrou, was diskriminerend wat ras én geslag betref. Haar tirade en dreigemente was vernederend, afbrekend, in stryd met billike arbeidspraktyke en tekenend van totale minagting van die Arbeidswet.
Dat Mazibuko ook glo druk op die twee vroue geplaas het om tenderprosesse te omseil sodat sy stemme daarmee kan werf, druis reëlreg in teen pres. Cyril Ramaphosa se sterk uitsprake teen korrupsie in staatsdepartemente. Dit bevestig dat sommige kaders se uitgangspunt steeds is dat, vir die party en vir eie gewin, reëls gebuig mag word.
Nomazwe Ntlokwana, woordvoerder van die departement, het aangedui dat ’n ondersoek gedoen word na die betrokke fluitjieblaser en na hoe die stemopname uitgelek het omdat die vergadering kwansuis vertroulik was. Dít is nie net skokkend weens die bisarre verplasing van aandag weg van die ware probleem nie, maar wek ook opnuut kommer oor die weerloosheid van fluitjieblasers.
• BEELD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie