‘Ons is in die steek gelaat’
Inwoners wat noodgedwonge geliefdes tuis met ernstige Covid-19 moet behandel, voel nie opgewasse vir die taak nie.
Henriette Lamprecht – Ons voel afgeskeep en deur die regering in die steek gelaat. So sê ‘n man van Windhoek wie se bejaarde ma in die vroeë oggendure van Sondag tuis gesterf het, nadat daar nêrens vir haar plek in ‘n hospitaal was nie.
“Hulle (staat en privaat) het 16 maande tyd gehad om voor te berei en het geweet die groot gemors kom nog, maar nou sterf mense by hulle huise, van hulle alleen,” het hy gesê.
Hy vergelyk dit met die land wat vasgevang is in ‘n droogte, maar niks word gedoen om dit te ondersoek en alternatiewe planne te beraam nie.
“Nee, ons wag en hoop maar op die reën, maar doen niks aan die situasie nie.”
Wat hom die meeste ontstel, is die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, se opmerking dat mense tuis sterf omdat hulle te laat by hospitale en klinieke vir hulp gaan aanklop.
“Dit ontstel my geweldig, want daar is eenvoudig nie plek in hospitale nie en ons het alles probeer om my ma in ‘n hospitaal te kry. Ek het elke dag gebel, elke dag, en vir haar plek gesoek met die hoop dat sy die nodige sorg sal kan kry.”
Hy beklemtoon inwoners wat nou midde die pandemie vasgevang is met geliefdes wat hulle noodgedwonge tuis moet versorg, “is nie verpleegsters nie.”
“Ons is nie opgelei hiervoor nie en weet nie hoe om so ‘n situasie te hanteer nie”
Sy 73-jarige ma is tuis versorg deur sy suster, wat nou ook positief getoets het. Sy 80-jarige pa was ook positief, maar is nou gesond.
Hy is vol lof vir die dokters wat sy ma tuis besoek het en hulle “baie goed ondersteun het”, terwyl ‘n verpleër ook besoek afgelê het wanneer sy kon.
“Sy (verpleër) was egter ook baie besig om na baie ander mense te kyk.”
Tog voel hy so “afgeskeep, asof niemand omgee nie”.
“Ons as familie voel in die steek gelaat.”
Hy verwys ook na ‘n bekende suurstofhandelaar waarna hulle verwys is om suurstof vir sy ma te kry. Ten spyte daarvan dat hy ‘n doktersvoorskrif hiervoor gehad het, kon hy steeds nie geholpe raak nie.
“Die dame het gevra of ons ‘n rekening het, wat ons nie gehad het nie. Sy kan ook nie vir my een oopmaak nie, want as jy nie ‘n boer of ‘n besigheid is nie, doen hulle dit nie. As jy ‘n leë silinder bring en dit is nie van die betrokke maatskappy nie, hervul hulle dit ook nie.”
Hulle het uiteindelik by ‘n veearts met ‘n suurstofkonsentreerder geholpe geraak, maar volgens hom was dit toe reeds te laat.
Sy bejaarde pa is tans alleen by die huis, so ook sy suster wat Covid-19-positief is.
“Sy het persoonlike beskermende toerusting aangehad en ‘n masker, maar het steeds positief getoets.”
Sy suster is nou op dag agt wat tot tien die kritieke fase van die siekte is.
“Ek kon gisternag nie slaap nie, want ek was so bekommerd oor haar. Tussendeur moet ek reëlings vir my ma se verassing tref.”
Hoewel sy bejaarde pa Covid-19 oorleef het, is sy “siel moeg en seer” en wil hy nie meer regtig leef nie en het sy vrou se dood hom geweldig hard getref, sê hy.
Hyself het tot op hede negatief getoets en was by sy ma toe sy gesterf het.
Volgens hom is die geweldige ondersteuning van dokters, verpleegsters en aptekers ongelooflik, maar sê “hulle glimlag en is behulpsaam, maar jy kan sien hulle is ook geweldig moeg”.
Hy is ook vol lof vir die begrafnisondernemer wat sy ma se verassing hanteer, sowel as die personeel van die ministerie van gesondheid wat sy ma se liggaam halfvyf die oggend kom haal het. Volgens hulle was dit die 15de oorskot wat hulle net daardie nag gaan haal het en was hulle oppad om die 16de liggaam te gaan haal.
“Ons het gesien wat hierdie siekte is en wat dit doen. Dit is nie net ‘n verkoue nie. Ek dra my masker en handhaaf sosiale afstand, doen alles reg en dan kry jy nog steeds mense wat dit nie ernstig opneem of selfs ‘n masker dra nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie