‘Ons is moeg’
Die tragedie wat Sondagaand in die Twaloloka-nedersetting in Walvisbaai afgespeel het, is ‘n hernude aanklag teen ons regering se onvermoë om vraagstukke soos behuising, dienslewering en verstedeliking behoorlik aan te spreek.
Die sinkhuisbuurt se naam beteken “ons is moeg”.
Verlede jaar se verkiesingsuitslae was ‘n bewys hoe satheid vererger.
Brandsterftes in informele nedersettings is nie ongewoon nie. In Twaloloka, waar ‘n babaseuntjie gesterf het, is die gevare van die omstandighede waaraan mede-Namibiërs uitgelewer is opnuut op massiewe skaal gewys. Honderde mense het alle verloor.
In opreg Namibiese gees staan talle nou saam om Twaloloka se slagoffers te help. Die heel beste hulp is egter om nie teelaardes te skep waar sulke rampe in ‘n oogwink kan tref nie.
In die steeds streng ingeperkte Walvisbaai lê Twaloloka digby die aanvanklike episentrum van die Covid-19-uitbreking in die hawedorp. Dit moet nie pandemies verg om die belang te besef van groter afstande tussen menswaardige wonings waaraan basiese dienste voorsien word nie – soos brandkrane.
Vir te lank word ook net lippediens gedoen aan die desentralisering van ontwikkeling, wat verstedeliking sal teenwerk. Die gepaardgaande ekonomiese diversifisering en nywerheidsontwikkeling wat volhoubare werk sal skep en opheffing aandryf, kom nooit op dreef nie omdat daar te veel hekkies vir opregte beleggers is.
Die mense van Twaloloka – en alle ander in dieselfde bootjie – verdien, en is geregtig op durende oplossings.
So sê ander
28 Julie 2020
Mboweni wen ’n SAL-ronde, maar geveg woed nog
In ’n interessante wending het die DA sy hofaansoek teen verdere staatsgeld vir die SAL aan die dringende rol onttrek ná versekerings deur Tito Mboweni.
Dus ’n ronde in Mboweni se guns in sy interne toutrekkery in die ANC. Maar moenie glo die geveg is verby nie.
Mboweni gee vyf alternatiewe, waarvan veral een waarnemers laat regop sit: “Om instellings te nader om pensioenbates in die lugdiens te belê.” Bedoel hy ’n vriendelike, vrywillige uitnodiging, of begin die dreigement van voorgeskrewe bates?
Mboweni poog ook om ’n klompie ou geregte, met nuwe sousies oor, op te dis, wat insluit private vennote, plaaslike en internasionale instansies en “strategiese vennote”.
Pleks hy eerlik met die land is dat sulke gesprekke al plaasgevind het met belangstellendes. Maar hul voorvereiste is geen inmenging deur die regering van die dag nie, en beheer oor bestuurskundigheid.
En dit is wat Mboweni en Pravin Gordhan nie aan hul Stalinistiese kamerade verkoop kry nie. Want hulle wil mede-kamerade na bestuursposte kan herontplooi sodat daar beheer is oor wie senior poste, kontrakte en tenders kry.
Vir nou word Mboweni se “alternatiewe” met die nodige agterdog bejeën.
• DIE BURGER/NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie