Ons kan – sáám
Die wyse waarop Namibiërs die afgelope weke oor die lengte en breedte van die land saamstaan om op ‘n ongekende gesondheidskrisis te reageer, is ‘n getuigskrif van die republiek en sy inwoners se karakter.
Die kruin van die Covid-19-pandemie se derde golf is van die donkerste ure waardeur ons nog beweeg het.
Die afgelope weke is daar vae tekens van hoop, maar dis nog geen uitgemaakte saak dat ons oor die kruin is nie.
In byna elke dorp wat swaar getref is, het die gemeenskap, sakelui en owerhede saamgespan om siekes en die isolasie te help, om suurstof te lewer en nuwe geriewe te skep om die druk op hospitale te verlig. Dit is die “harambee” wat president Hage Geingob sy strydkreet vir vooruitgang gemaak het.
Nee, ons regering het nie genoegsame voorsorg getref nie. Dit is ook ‘n ope vraag of die aanvanklike begroting vir die pandemie naastenby genoeg was.
Die met bewyse van korrupsie moet dit onthul.
Vir Swapo kan die jare van die coronagriep ‘n lelike nadraai by die stembus hê. Om egter aan te hou om beskuldigings te slinger, gaan nie ons onmiddellike probleme oplos nie.
Die saamstaan – reeds sedert verlede jaar, maar veral sedert vroeg in Junie – bewys ook hoe gedug en doeltreffend opregte openbare private vennootskappe kan wees. Gewoonlik neem dit maande en selfs jare om enigiets gedoen te kry weens die verstrengelende rooi lint van rompslomp.
Daar is baie om uit die pandemie te leer. Een daarvan sal wees hoe ons hierdie soort samewerking vir altyd kan inspan om struikelblokke te oorkom.
So sê ander
6 Julie 2021
Taai keuse oor skaakmat met verkiesing wag
Hoe om midde-in Covid-19 en inperking ’n balans tussen menselewens en demokrasie te vind is die eintlik onmoontlike keuse wat wag oor die munisipale verkiesing op 27 Oktober.
Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie (OVK), het verlede week aan oudadjunkhoofregter Dikgang Moseneke gesê die verkiesing sou oor ’n paar dae kon strek, maar dis nie wenslik nie.
Politieke partye het verlede Vrydag voor Moseneke verskil oor of die verkiesing uitgestel moet word en tot wanneer. Die ANC en DA is ten gunste daarvan dat dit wel soos beplan op 27 Oktober gehou word.
Op munisipale vlak is die land so stukkend dat verdere uitstel met die verkiesing van nuwe raadslede nie bekostig kan word nie. Eweneens kan weens die risiko van Covid-19 ook nie bekostig word dat die verkiesing – in huidige toestande – voortgaan nie.
Moseneke het sowat 3 000 geskrewe insette en stemnotas ontvang en verlede week in Centurion voorleggings van partye en belanghebbers begin aanhoor.
Die OVK is bekommerd oor verkiesingsveldtogte, kiesers se vrees om te gaan stem, ’n lae stempersentasie en ontwrigting van kandidaatprosesse.
Nog ’n dilemma is dat die verkiesing ingevolge die Wet op Munisipale Verkiesings nie langer as 90 dae ná die verstryking van munisipale rade se termyn op 3 Augustus uitgestel kan word nie.
Al dié dinge sal Moseneke in gedagte moet hou in sy verslag wat hy op 21 Julie aan die OVK oorhandig.
• NETWERK 24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie