‘Ons kyk na invloed van hoër BTW,’ sê Nene
Sibongile Khumalo
Die Suid-Afrikaanse regering sal aanhou om gesprekke met belanghebbendes te voer om te bepaal hoe die invloed van hoër BTW op armes verminder kan word.
Dit was Nhlanhla Nene, Suid-Afrika se minister van finansies, se boodskap aan die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa).
Hy was Maandag ’n spreker by Fedusa se beraad in Kameeldrift, noord van Pretoria.
Nene sê die besluit om BTW met een persentasiepunt tot 15% te verhoog het baie kritiek ontvang en dat dit belangrik is dat die publiek begryp hoekom dit gedoen is.
“Ons gaan met belanghebbendes in gesprek tree om uit te vind hoe ons die invloed op veral die armes en kwesbare mense kan verminder.
“Ons gaan kyk om die lys van goedere waarop geen BTW gehef word nie, uit te brei.”
Verskeie groepe en vakbonde het hul kommer oor die styging uitgespreek wat Malusi Gigaba, Nene se voorganger, in die begrotingsrede aangekondig het.
Nene sê die regering is daartoe verbind om “verskeie uitstaande beleidshervormings, soos die mynbouhandves, te finaliseer en om beslissend teen korrupsie in die private en openbare sektor op te tree”.
Hy het aan afgevaardigdes by die konferensie gesê sy departement sal ook dringend aandag gee aan “bestuurs- en bedryfsmislukkings” by staatsondernemings – spesifiek Eskom.
Hy sê hy gaan binnekort met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, vergader om die finansiële stand van staatsondernemings te bespreek.
Die bestuur van staatsondernemings word lank reeds as ’n rede tot kommer deur kredietgradeerders beskryf. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie