'Ons laat die mense in die steek'
'n Gebrek aan geld stuit die Namibiese ombudsman in die uitvoer van sy grondwetlike pligte.
Henriette Lamprecht - Die ombudsman se kantoor het geen geld onder die begrotingstoekenning van 2018-’19 vir die betaling van regskoste ontvang nie.
Die ombudsman, adv. John Walters, kan gevolglik nie sy grondwetlike gesag gebruik om slagoffers van menseregte-oortredings van regshulp te voorsien of om ’n geding voor ’n bevoegde hof vir die nodige verligting te bring nie.
Van dié wat regstreeks hierdeur geraak word, sluit meer as 2 000 gesinne in wat in September verlede jaar dakloos gelaat is nadat die Katima Mulilo-dorpsraad met ’n proses begin het waartydens huise gesloop is, wat die uitsetting van inwoners in en om die dorp tot gevolg gehad het.
Lede van dié families het jong kinders, vroue en ook bejaardes ingesluit. Die onregmatige en onwettige slopings is sonder die goedkeuring van ’n hofbevel uitgevoer.
Volgens die ombudsman, adv. John Walters, het mnr. Norman Tjombe op sy instruksie ’n eisbrief aan die Katima Mulilo-munisipaliteit gestuur.
Die aanmaningsbrief het beklemtoon die munisipaliteit se optrede was onwettig omdat die vernietiging en verwydering van die strukture sonder die goedkeuring van ’n hofbevel gedoen is.
Sou die munisipaliteit nie op dié aanmaning reageer nie, sou die hoërhof genader word vir ’n bevel om die munisipaliteit te dwing om hul planne bekend te maak om te vergoed vir hul onwettige optrede.
Volgens Walters is die vereiste reaksie egter nooit ontvang nie.
“Mnr. Tjombe het bevestig die aanmaningsbrief is afgelewer,” het Walters gesê.
Volgens hom het Tjombe die kwessie weer vroeër vanjaar met die munisipaliteit opgeneem, maar het hy weer geen reaksie ontvang nie.
“Nie eers ’n erkenning dat die brief ontvang is nie.”
Volgens die ombudsman sou die volgende stap wees om die hoërhof namens hom te nader en te versoek om die munisipaliteit te verplig om aan sy versoek te voldoen.
Dit sluit in ’n plan wat die stappe uiteensit wat geneem sal word, vergesel van duidelike tydlyne vir wanneer alternatiewe verblyf aan alle ontwortelde inwoners binne ’n redelike tyd verskaf sal word.
Dié plan moes die ombudsman nie later nie as twee maande later bereik het.
Intussen het die hoof van die ombudsman se kantoor, me. Eileen Rakow, gesê nog sake wat deur die tekort aan geld gestuit word, sluit ondersoeke na gesondheid, onderhoud, asook ’n vergelykende studie tussen skole in landelike en stedelike gebiede in.
“Ons voel of ons die mense in die steek laat,” het Rakow gesê.
Ook openbare verhore en uitreike na veral die platteland om klagtes van juis dié aan te hoor wat andersins nie ’n stem het nie, is nou ingeperk.
Volgens die jongste begroting wat die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, in Maart ter tafel gelê het, is reis- en verblyftoelae (S&T) vir 2018-'19 met N$800 000 tot N$200 000 gesny.
Vir die volgende twee begrotingsjare sal die ombudsman ook met N$200 000 se S&T jaarliks moet klaarkom.
Waar N$272 000 verlede jaar vir benodigdhede en voorraad voorsien is, is daar vir vanjaar én die volgende twee begrotingsjare nie ’n enkele sent beskikbaar nie.
Die kantoor van die ombudsman se totale begroting vir goedere en dienste vir 2018-'19 is met bykans N$2,4 miljoen tot N$392 000 verminder.
Dieselfde bedrag is ook vir 2019-'20 en 2020-'21 begroot.
In totaal is sowat N$19,4 miljoen vanjaar vir die kantoor van die ombudsman beskikbaar - bykans 0,6% meer as die afgelope begrotingsjaar. Die meeste hiervan - sowat N$18,8 miljoen - is personeeluitgawes.
Die impak van die gebrek aan geld op die ombudsman se rol is onder die aandag van die lynministerie en die minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, gebring.
Die antwoord was dat die ministerie homself in ’n soortgelyke posisie bevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie