Ons land gaan ten gronde (Deel 3)
Ons land gaan ten gronde (Deel 3)

Ons land gaan ten gronde (Deel 3)

Mandy Rittmann
J A ROSSOUW SKRYF:

Die afgelope dertig jaar sukkel ons om ekonomies die mas op te kom.

Politici wys gewoonlik met die vinger na ons koloniale verlede en tans ook na die coronavirus en pleit onskuldig. Hulle vergeet dat as die wysvinger na iemand anders wys, drie ander vingers na homself/haarself terugwys.

In die Namibian van 2017.09.26 word berig “Close to 130 000 job losses”.

In die Namibian van 2018.02.30 word daar berig “Over 60 000 jobs lost in 2016/17”.

New Era berig op 2019.06.12 “Nearly 37 000 employment contracts terminated”.

In die New Era van 2018.08.07 word berig “Over 5 000 apply for 96 jobs in Omaheke”.

Op 2019.10.26 rapporteer die Sun “Thousands queue for jobs”.

Op 2019.11.01 berig die Sun “One million live in shacks“ en gaan voort om te sê dat 370 000 daarvan alleen in Windhoek bly!

Die Namibian berig op 2019.11.06 “Thousands turn to the Labour Ministry for jobs”.

Die Namibian berig op 2019.11.07 “Only 850 jobs created in 2019”.

In die Namibian van 2020.09.02 word berig N$76 miljard is nodig om die behuisingsagterstand in te haal.

Hierdie lys kan nog baie langer gemaak word.

In die Republikein van 2020.09.18 lees ons van die “Groot muur vir Okahandja.” Die muur word ten bedrae van N$15 miljoen opgerig en word vir meer as drie kilometer aan weerskante van die pad gebou, om onwettige grondbesetters te verhoed om in die padreserwe plakkershuise op te rig. Verstommend!

Hierdie miljoene van die belastingbetalers kon beter benut word deur die plakkers te help om ordentlike huisies van stene te bou op 'n aangewese plek en so te help om die N$76 miljard agterstand van huise te help oplos. Dit kon die regerende party ook 'n hele paar kruisies op stemdag besorg het.

Ek verneem dat die muur nie 'n oplossing is vir van die probleme wat tans ondervind word nie. Mense wat hout soek om vuur te maak, klouter oor die muur nadat hulle die hout wat hulle bymekaar gemaak het oor die muur gegooi het.

'n Ppe vraag: hoe lank sal dit neem voordat huisies tog maar ook in die padreserwe gebou word?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!