Ons land gaan ten gronde (Deel 4)
Ons land gaan ten gronde (Deel 4)

Ons land gaan ten gronde (Deel 4)

Dani Booysen
J. A. ROSSOUW SKRYF:

In die vorige aflewering het ek op die steeds verswakkende ekonomiese omstandighede in ons land gefokus en van die reaksie daarop in die plaaslike dagblaaie uitgewys.

Die ekonomie kan gesien word as 'n uitgebreide familie om 'n etenstafel. Die vraag is of onderwys 'n boetie of sussie of een van die ouers is. Die verswakkende ekonomie verswak die onderwys, maar die verswakkende onderwys verswak die ekonomie . . .

In 2018 het ek 'n reeks briewe oor die onderwys geskrywe en soos destyds, gaan ek eers op van die heersende probleme in/van die onderwys konsentreer wat dringend aangespreek moet word en daarna fokus op die van die oorsake waarom die onderwys soveel probleme het.

Ek het, as iemand wat baie jare in die onderwys was, meer as vierhonderd artikels oor die onderwys hier te lande versamel en dis moeilik om hieruit die mees ter sake artikels aan te tree.

In die Namibian van 2018.10.05 was daar 'n artikel van Aliko Dangote getiteld "Africa’s Future Depends on Improving Education". Dis 'n moet as 'n mens wil saam praat.

Van die probleme wat dringend aangespreek moet word, is:

"Spookonderwysers". In Republikein van 2017.09.25 word daar geskrywe dat 19 spookonderwysers en hulle “trawante” in hegtenis geneem is nadat hulle die staatskas van N$10 miljoen besteel het. Voorts word daar ook daarop gesinspeel dat nog talle arrestasies gemaak kan word. Ongelukkig is dit die laaste woord daarvan waarvan ek bewus is.

'n Ander saak wat aangespreek moet word, is die van die sogenaamde "drop-outs". Die Republikein van 2019.12.09 berig dat daar in 2017 sowat 125 000 leerlinge was wat die skool in die betrokke jaar verlaat het.

Volgens die Namibian van 2019.10.02 is daar 370 000 leerlinge in 1 400 skole wat voedsel van die skoolvoedingskema ontvang. Dit is 'n reuse-onderneming en om dit te onderneem, kos miljoene en hope tyd wat gebruik kon word vir onderrig gaan daarmee verlore.

Volgens die New Era van 2019.04.29 was die onderwysbegroting van N$13 miljard destyds nie voldoende nie. Die New Era van 2019.05.07 berig: "Part of the N$ 1 billion (N$ 746 m) AfDB loan to fund education (will be used) to upgrade, renovate and construct education physical facilities.” As die begroting te klein was, was die toevoeging voldoende?

Die begroting van 2018 was volgens die Republikein van 2018.11.09 met N$122,6 miljoen gesny.

New Era berig op 2020.07.24 dat N$1,8 miljard nodig is om 5 000 nuwe klaskamers te bou.

Die Republikein van 2019.04.02 berig dat tot 114 leerlinge in 'n enkele klaskamer ingestop word!

Die Namibian berig op 2019.02.12 dat meer as 200 skole nie toitette het nie.

New Era berin op 20219.10.02 dat daar 1 590 vakatures vir onderwysers, 35 vir skoolhoofde en 121 vir departementshoofde was.

Die New Era van 2020.02.17 berig: "Nearly 2 000 pupils fall pregnant a year".

Ek dink dis 'n "eye opener" vir die lesers van "Praat saam".

Bid vir ons kinders en onderwysers.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer