Ons land, ons bier
In Namibië word ons bier direk aan ons patriotisme gekoppel. Hoe dan anders? Ons “Namibiese bier” wat deur Namibia Breweries Limited (NBL) volgens die Reinheitsgebot gebrou word, is ons land se trots en een van ons vernaamste uitvoerprodukte.
NBL vier vanjaar sy 100ste bestaansjaar en die verhaal van ons bier se geskiedenis is die perfekte manier om dié mylpaal te merk.
Die verloop van gebeure wat gelei het tot die produksie van ons bier, is deur talle hoogte- en laagtepunte gekenmerk.
Die skrywer van die boek, Bernd Masche, het nie net hierdie verwikkelinge deur gesinsverhoudinge ervaar nie; hy was ook aktief betrokke by die ontwikkeling van die bierbroubedryf in Namibië as die voormalige besturende direkteur van NBL.
Hy beskryf op 'n aangrypende manier hoe 'n vervalle fabriek ontwikkel is tot 'n moderne brouery en hoe NBL sy stempel op die plaaslike en Suid-Afrikaanse mark afgedruk en terselfdertyd internasionale erkenning verwerf het. Die deurlopende innovasie van die maatskappy wat die presedent geskep het, soos die ekologies volhoubare proses om oestersampioene uit bierafval te kweek, sal lesers verstom.
Die skrywer gebruik persoonlike ervarings en herinneringe wat oor 30 jaar strek om die verhaal van bierbrouery in Namibië te vertel, wat andersins verlore sou gaan. Hierdie boek is nie net 'n moet vir die passievolle bierdrinker nie, maar ook vir elkeen wat Namibië lief het, aangesien dit waardevolle insig in ons land bied. Met 'n koue Windhoek Lager in die hand sal jy dié boek verslind.
Namibia – Our Country, Our Beer is beskikbaar teen N$290 en kan bestel word by Manni Goldbeck van Padlangs Publications. Skakel 081 127 9442 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie