Ons leer ons lewens lank
Tanja Bause - Die afgelope paar maande het ’n hele paar van my kollegas of hul vroue geboorte gegee.
So word daar weekliks foto’s en video’s van die klein goedjies gewys of hulle word deur die trotse ouers kantoor toe gebring.
Ek staar met groot oë na die kleingoed, verkyk my aan hoe vinnig hulle groot word en verwonder my aan hoeveel hulle in hul kort tyd op aarde moet leer.
Hulle moet leer om uit ’n bottel te drink, van ’n lepel af te eet, te praat, op stemme te reageer, stemme te herken, regop te sit, in ’n loopring te beweeg, te kruip, te huil as hulle ongelukkig is en te lag as hulle gelukkig is.
Dis alles maar net ’n paar goed wat hulle in die eerste maande en jaar van hul lewens moet leer.
Elke ma of pa is verskriklik trots op die vordering wat gemaak word, en verslag word weekliks van die kleinding se vordering gelewer.
“My baba het gister geglimlag,” sal ’n pa sê terwyl sy borskas met trots groter word.
“Dis niks, my dogter wil al praat,” kom die tweede pa vinnig terug.
Nou dink ek leer is eintlik ’n lewenslange ding.
Ná al die goed wat ons in die eerste bestaansjaar moes leer, moet ons nou leer loop en leer om uit doeke te kom.
Dit klink soos baie, en nou moet ons boonop leer skryf, tel, somme maak, leer wat is ’n olifant en wat beteken die kleur rooi en hoekom is die hemel blou en die gras groen en nie omgekeerd nie.
Ons moet kleuterskool toe en hier moet ons sosiale vaardighede aanleer.
Ons moet leer om met ons maatjies te deel, ons moet leer dat dit nie oukei is om die maatjie te slaan as hy of sy ons kwaad maak nie.
Ons moet leer dat ons nie hulle kos mag vat as dit beter as ons middagete lyk nie. Ons moet ook leer wie was Hendrik Witbooi en wat hy vir die land beteken het. In kort moet ons baie goed leer wat ons in ons toekoms sal gebruik – en net so baie wat ons nooit weer sal gebruik nie.
So het ek op skool Engels, Duits en Afrikaans saam met tik, biologie en rekenkunde as vakke gehad. Dié kombinasie alleen moes almal laat sidder het. Ek kan steeds nie ’n begroting opstel om my lewe, of dan my bankbalans, te red nie. En ek kan ook nie sê dat die wete van hoe ’n amoeba voortplant my lewe verander of verbeter het nie. Maar só moet ons deur skool kom en goed leer.
En die leer hou ook nie daar op nie.
Dit is nie asof ons op 20-jarige ouderdom kan sê nou weet ons alles en kan ophou leer nie, hoewel sommige mense so dink, maar hulle is verkeerd.
Nee wat, jy leer jou lewe lank en jy leer elke dag iets nuuts.
So het ek nou die dag my 50ste verjaardag gevier en ja, ek leer steeds – dalk nie meer so vinnig soos my kollegas se babas nie, maar nietemin leer ek nog.
So het ek byvoorbeeld geleer hoe om met krukke te loop en hoe om ’n Kindle (’n toestel waarop mens elektroniese boeke lees) te gebruik en hoe om boeke op die internet te koop.
Ek het wel nie die Kindle self aangeskaf nie, dit het ’n vriendin gedoen, maar dié tegnologies gestremde vrou kan die toestel nou soos ’n pro gebruik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie