‘Ons moet op die ergste voorberei’
Henriette Lamprecht – Binne 24 uur het Namibië drie nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken.
Een van die nuwe gevalle is vir die eerste keer nie reisverwant nie, maar behels plaaslike oordrag van die nuwe coronavirus.
Die totaal staan tans op 7 Covid-gevalle.
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste het die jongste syfer tydens president Hage Geingob se hok-toespraak bekend gemaak.
Geval vyf is ’n 44-jarige Namibiese vlieënier wat op 7 Februarie na Johannesburg, Suid-Afrika gereis het en op 13 Februarie teruggekeer het. ’n Suid-Afrikaanse medevlieënier het hom hier besoek voor hy siek geraak het. Volgens Shangula is reëlings getref om die Namibiese vlieënier in isolasie te plaas.
Die sesde geval is ’n 21-jarige manlike student verbonde aan die Wits-universiteit in Suid-Afrika. Hy is in die buurland getoets, maar het na Namibië teruggekeer voordat sy uitslae bekend was. Hy is tans in isolasie. Shangula het geen inligting oor die sewende geval bekend gemaak nie, buiten dat voorlopige uitslae daarop dui die persoon het positief vir Covid-19 getoets.
Dit is ook onbekend of die oordrag reisverwant is of plaaslike oordrag behels.
Shangula wou ook nie sê op hoeveel uitslae gewag word nie.
Volgens hom is dit moeilik om te bepaal omdat private instellings die minsterie net in kennis stel as iemand reeds positief getoets het en nie as hulle nog op uitslae wag nie.
Intussen het die oudminister van gesondheid en koördineerder van die president se Covid-19-taakspan, dr. Bernard Haufiku, gemaan ’n nuwe mediese vyand staar die land in die gesig, en daarom moet die reëls verander.
“As dit erger raak, moet ons op die ergste voorberei,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie