‘Ons moet staat terugkaap’ – Gordhan
Daar is geen twyfel nie dat daar ’n georkestreerde strategie was om staatsondernemings te kaap.
Dít is Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se boodskap aan afgevaardigdes van die vakbondfederasie Fedusa se konferensie in Kameeldrift, noord van Pretoria.
“Ons moet verseker ons kaap die staat terug,” sê hy.
“Maar ons moet besef die gemors waarin ons is, gaan nie vinnig opgelos word nie.”
Hy het verder gewaarsku partye wat daarby betrokke is, gaan dit beveg.
“Dit gaan nie ’n maklike pad wees nie. Maar dit is nie onmoontlik nie.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie