Ons moet ver en wyd toets
'n Mens het begrip vir die openbare gesondheidsektor in Namibië se uitdagings om genoeg toerusting te bekom om ook in ander dele van die land meer mense vir Covid-19 te toets.
Bewyse dat die virus reeds vanaf Walvisbaai as episentrum na ander bestemmings versprei het, maak dit egter nodig om hierdie kapasiteit as 'n saak van dringendheid uit te brei.
Ná die identifisering van meer as 300 nuwe gevalle die afgelope week – byna almal in Walvisbaai – was dit 'n uitgemaakte saak dat inperkings in die Erongostreek nie dramaties verlig kon word nie. Walvisbaai, Swakopmund en Arandis sal nou aan selfs strenger gevallebestuur en reisbeheer onderwerp word. Skole hier bly ook toe.
Die duur van hierdie bykomende “uitwoedtyd” vir die pandemie, 28 dae of te wel twee keer die gemiddelde inkubasietyd van twee weke, is egter 'n klipharde hou. Op die ekonomiese front beteken dit nóg skade, en 'n toename in onherstelbare verliese.
Tot tien onlangse gevalle in Windhoek, die Hardapstreek en die sentrale, verre Noorde kan na die kus teruggespoor word. In een geval het 'n reisiger vanaf Walvisbaai wat later positief getoets het, blykbaar sowat agt dae in die gemeenskap deurgebring voor die persoon opgespoor en onder kwarantyn geplaas is.
'n Mens verstaan die penarie waarin die regering hom bevind – een wat gou veel wyer kan uitkring. 'n Ope vraag bly egter of genoeg oor praktiese middeweë beraadslaag word.
Ons moet oral die basiese higiënevoorskrifte getrou volg. Dit is volgens alle indrukke maar nog net die begin . . .
So sê ander
6 Julie 2020
China se taktiese sukses eintlik 'n strategiese flop
China se brute elmboogbeleid teenoor Hongkong bevestig weer 'n wysheid wat diktature dikwels nie besef nie: In die internasionale politiek is dit verstandig om 'n onderskeid tussen taktiese en strategiese sukses te tref.
Taktiese sukses beteken níks as dit op 'n strategiese agteruitgang uitloop nie.
Toe Brittanje in 1997 die beheer oor Hongkong aan China oorgedra het, het laasgenoemde beloof dat Hongkong se binnelandse outonomie en demokrasie vir minstens 50 jaar gehandhaaf sou word.
Die helfte van die beloofde 50 jaar is nog nie eens verby nie of China gooi die belofte in die vullisdrom. Hongkong verloor in die praktyk sy binnelandse selfbestuur, en die demokratiese vryhede wat die inwoners die laaste 23 jaar geniet het, word basies nekomgedraai.
Takties het Beijing hier sukses behaal. Die lastige demokrate in Hongkong is hokgeslaan.
Maar strategies het Beijing homself groot skade berokken. Om mee te begin het hy Taiwan totaal afgeskrik.
Belangriker nog: Die Chinese diktatuur het gewys dat sy woord nie veel werd is nie.
Of 'n land nou 'n demokrasie of diktatuur is, betroubaarheid en voorspelbaarheid is van lewensbelang as hy verder kyk as wat sy neus lank is.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie