Ons nasie, ons trots
Ons nasie, ons trots

Ons nasie, ons trots

Augetto Graig
Die afgelope jare moedig die regering Namibiërs aan om trots op ons mekaar te wees. Daar was selfs ’n amptelike veldtog om hierdie benadering te bevorder.

Volgens die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie se webwerf is die Nasieskap en nasionale trots-veldtog reeds in 2006 deur die kabinet goedgekeur. Dit sê ook dat oudpresident Hifikepunye Pohamba die veldtog op 27 April 2011 amptelik afgeskop het.

Laas jaar in Augustus het inligtingsminister Stanley Simataa tydens die sluiting van ’n nasionale slypskool oor sekere kwessies gepraat. Onder meer oor die konsep van ’n nasie se handelsmerk, gemik daarop om 'n positiewe beeld aan die buiteland uit te dra.

Net daar sit ons weer die pot mis. Wie het nou weer gesê Namibië het maagwerkings van idees maar word hardlywig as dit kom by toepassing?

Tot dusver is T-hemde gedruk en versprei en ’n kompetisie om ’n nuwe lied vir die veldtog te kies is al twee keer gereël. Ons wag nou nog om te hoor wie die kompetisie gewen het.

Hoe probeer jy die wêreld met jou voorkoms beïndruk, terwyl jy binne uitmekaar val? Is dit nie ’n resep vir mislukking of selfs selfdood nie. Nog erger, dink aan die dae wat iemand met só ’n lewe moet saamleef.

Trots is ’n eienaardige ding en kan nogal ’n groot aansporing wees, goed of sleg. Slegte trots trek jou grond toe. Dit vermom die waarheid deur te verneuk en self oortuiging. Dit sal jou oortuig jy sal kan weg kom met dinge wat nie noodwendig eerlik is nie.

Dan is daar ook goeie trots wat jou vlerke kan gee en rede verskaf vir merkwaardige optrede. Ons moet dus versigtig wees om die regte tipe trots te kweek. Die regte tipe trots ontstaan uit liefde. Mens raak lief vir bekende dinge. Kennis is kern. Die liefde is die proses om iemand of iewers, selfs iets, te leer ken. Ons moet mekaar leer ken. Dit sal die trots skep waarmee ons die res van die wêreld sal kan uitdaag.

Wat weet jy werklik van jou medemens? Ken jy jou bure? Hoe goed kan jy jou gemeenskapslede in hul eie taal groet? Wat weet jy van verskillende stamme se tradisies in Namibië?

Ek weet dat Namibië die moeite werd is om te leer ken, maar ek moet erken ek weet baie min van ons eie mense af. Hulle interesseer my. Ek sou dit waardeer as meer geskiedkundige inligting, meer geleenthede om tradisionele praktyke in aksie te sien, en meer kulturele ervaringe wyer aangebied sou word.

Ek dink ons moet liewer kyk na die instelling van geleenthede in Namibië. Geleenthede waar Namibiërs uit alle oorde bymekaar kan kom en meer oor ons 11 hoofstamme, ons verskeie substamme, ons niestamgebonde inwoners en ons besoekers en gaste uit die buiteland te leer.

Deur ons mense te vier en op ? verhoog te plaas kan ons sien waarop ons trots moet wees. So kan ons ook die res van die wêreld wys, maar dit kom tweede. Ons prioriteit, as Namibiërs, moet wees om mekaar te bemagtig en op te bou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!