Ons sê dankie
ALMUT WILCKENS SKRYF:
Graag wil ek die persoonlike ervaringe van my man gedurende “ons” Covid-tyd met julle almal deel en uit die diepte van ons harte dankie sê aan die mense wat ons gedurende hierdie moeilike tyd bygestaan en gehelp het.
Ons bly op die plaas Ongangasemba naby die Omatakoberge en is sedert 1977 deel van Otjiwarongo-gemeenskap deur besigheid, kinders wat skool toe gegaan het, karneval, boerevereniging en kerk. Immo is ook op Otjiwarongo gebore.
Daar is nog ’n rede om dankie te sê. Ek is persoonlik in die straat aangespreek met negatiewe kritiek oor die "slegte versorging en toestand" in die MediClinic. Toe ek vra of dit persoonlike ervaring is, vind ek uit dit is net "hoorsê". Mense, asseblief, praat nie van dinge wat julle nie persoonlik ervaar het nie. Niemand wat nie self daar was nie kan oordeel nie.
Meer as 4 weke gelede het ek en my man (Immo Wilckens) siek geword met Covid en ons jongste seun, Guenther, het ons hospitaal toe gevat, waar Immo dadelik opgeneem is omdat hy ernstig siek was. Die volgende dag is ek ook opgeneem en kon gelukkig ’n dag later ontslaan word.
Gedurende my verblyf en die van Immo (hy het amper 3 weke daar gebly) het ons nie een onvriendelike woord van die mediese personeel gehoor nie – teenoor ons, ons medepasiënte of die mediese personeel met mekaar nie. Daar is ’n deel van die hospitaal afgebaken vir Covid-pasiënte waar in beperkte omstandighede die uiterste aandag en versorging van pasiënte gegee word.
Almal het gewerk tot uitputting toe onder geweldige sielkundige druk. Ons het verpleegters gesien in trane, wat mekaar omhels, asook pasiënte en hulle families, saam met dokters en fisioterapeute, omdat hulle weer ’n pasiënt verloor het.
Ek het die nag wat ek daar gebly het, getuie geword van die aandag wat aan ’n baie siek vrou gegee is. Dokters, verpleegters en almal het haar ondersteun, getroos en moed gegee. Ongelukkig kan mense wat dit nie self beleef het nie, nie weet wat daar gedoen is nie en nog steeds gedoen word.
Sit julself in ’n posisie waar julle moet besluite neem oor die lewe en dood van ’n medemens. Nie omdat jy wil nie, maar omdat jy nie ’n keuse het nie oor beperkte plek en suurstofgeriewe.
Ons uiterste respek en dank gaan ook aan al die doktors, hulle kollegas en almal wat saam met hulle in die mediese bedryf werk soos fisioterapeute ens. en diegene wat ons nie gesien het nie, maar weet dat hulle deel daarvan is.
Daar is planne uitgewerk om pasiënte te help wat nie in die hospitaal opgeneem kon word nie. Hulle het die werk opgedeel sodat al die Covid-pasiënte in die hospitaal en in die dorp versorg is, sonder om gesonde mense in gevaar te stel. Hulle het letterlik dag en nag gewerk om lewens te red. Baie van hulle het self siek geword.
Almal van hulle, buite en binne-in die hospitaal, het daagliks hulle eie lewens op die spel gesit.
Baie dankie en groot respek ook aan die Otjiwarongo-gemeenskap wat gehelp. Dankie julle wat die Covid-huis opgesit het waar mense wat nie meer akuut siek is nie met suurstof versorg word en herstel. Dankie aan almal wat mense en hul families gehelp het wat nie hulle huise kon verlaat nie.
Nie almal is in die gelukkige posisie soos ek en Immo om familie in die dorp te hê nie, waar ons blyplek en hulp gekry het. Baie groot dank aan ons skoondogter Monique en haar hele familie – Sonja en Uwe Rentel.
Dankie aan almal vir alles waarvan ons nie weet nie, want ons wil niemand uitlaat nie.
Dankie Here vir die lewens wat gespaar is en ons bid vir sterkte vir die families wat geliefdes verloor het.
(Oorspronklik gepubliseer deur Otjo News.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie