'Ons sal soldate stuur om teen Amerika te veg'
'Ons sal soldate stuur om teen Amerika te veg'

'Ons sal soldate stuur om teen Amerika te veg'

'n Suid-Afrikaanse ambassadeur sal glo beveel word om sy ­uitla­tings terug te trek.
Erika Gibson - Joseph (Joe) Nkosi, Suid-Afrika se ambassadeur in Venezuela, het 'n knuppel in die hoenderhok gegooi met sy uitlatings op 'n mediakonferensie by die 100ste herdenking van wyle oudpres. Nelson Mandela se verjaardag.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het intussen verneem van sy uitlatings en gesê Nkosi sal beveel word om dit terug te trek indien hy reg aangehaal is.

Luidens berigte op die Spaans­talige nuuswebwerf Noticiero Digital het Nkosi gesê Suid-Afrika sal soldate stuur om teen die Amerikaners te baklei.

“Ons kan nie toelaat dat Venezuela só gedomineer word nie. Die VSA was 'n paar dae gelede nog vriende met Rusland. Toe is hulle nie meer vriende met Rusland nie. 'n Paar dae later het die VSA met China vriende probeer maak en toe is hulle ook nie meer vriende nie. Die dae dat die VSA die wêreld domineer, is verby. Ons sal help baklei teen die VSA en die Europese Unie se sanksies teen Venezuela. Dit is dieselfde sanksies wat die Amerikaners teen Kuba ingestel het en ons was deurgaans daarteen gekant. Ons sal nie toelaat dat Venezuela alleen doodgaan nie.”

Kort ná Nkosi se uitlatings is pres. Nicolás Maduro op 'n militêre parade in dié land inderhaas na veiligheid gebring toe twee geheimsinnige hommeltuie gelaai met springstof naby hom neergeploeg en ontplof het.

Sewe soldate is in dié voorval beseer, maar Maduro was ongedeerd. Sedertdien het die regering met mening onder sy opposisielede ingeklim en hul leiers van 'n sluipmoordpoging beskuldig.

VENEZUELA SE EKONOMIE

Venezuela se ekonomie is in 'n dood­spiraal waar hiperinflasie van byna 1 000 000% só handuit geruk het dat 'n kitskosrestaurant byvoorbeeld nie verkope kan registreer sonder om die bedrag in klomp kleiner bedrae te verdeel nie.

Bloomberg berig Maduro se voorgestelde oplossing vir dié probleem is om vyf nulle van alle pryse af te kap.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van Dirco, het gesê Nkosi se uitlatings soos berig is glad nie Suid-­Afrika se standpunt nie.

“Ons probeer net eers vasstel of die berigte 'n ware weergawe was van wat die ambassadeur gesê het,” sê Mabaya.

Volgens hom het Dirco vir Nkosi gevra vir 'n verduideliking. “Ons is vriende van sowel Venezuela as die VSA. Ons het goeie diplomatieke betrekkinge met albei. Daar was nog nooit enige sprake van militêre of ander steun nie. As die ambassadeur wel die uitlatings gemaak het, sal hy dit onverwyld terugtrek.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!