Ons salueer julle

Dani Booysen
FAAN CONRADIE SKRYF:

Aandag word die afgelope maand aan die herstel van strate in Okahandja asook in dié van Nau-Aib gegee deurdat enkele sakemanne van die dorp dringend ingegryp het om die padinfrastruktuur van totale verval te red.

Vir bykans 30 jaar het die munisipaliteit feitlik geen geld spandeer om die bestaande strate in die dorp te onderhou nie. Amptenare en raadslede het hulself eerder met die destydse beskikbare fondse verryk én/of het hul geen begrip wat voorkomende onderhoud van infrastruktuur behels nie. Baie versoeke en petisies is oor báie jare aan die raad van die dorp gerig, wat op dooie ore geval het. Weinig tot geen reaksie is van die munisipaliteit ontvang nie. In die meeste gevalle is amptelike skrywes nie eers beantwoord nie.

Dankie vir plaaslike besighede soos Lewcor en Colas wat ingegryp het (en steeds daarmee besig is) om ons strate, totaal vanaf grondbasis, te herbou. Ek merk dat hulle werk van hoogstaande kwaliteit is en professioneel verrig word.

Selfs die grootbase van hierdie konstruksiemaatskappye word van tyd tot opgemerk waar hul oor die werk toesig hou.

Die bekende “dippie” in die hoofstraat van Okahandja, wat vir baie jare voertuie voorgekeer het wanneer dit reën, sal binnekort verdwyn en met 'n laagwaterbruggie vervang wees. Dit óók word deur genoemde besigheidseienaars gedoen.

Ons as inwoners salueer graag hierdie besigheidseienaars van Okahandja.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!