u2018Ons soek wat die Jode gekry hetu2019
u2018Ons soek wat die Jode gekry hetu2019

‘Ons soek wat die Jode gekry het’

Politiek
Augetto Graig
Verskeie politieke partye was teenwoordig in ’n protes gister teen die regering se ooreenkoms vir sowat N$18,4 miljard met Duitsland rakende die volksmoord van 1904-’08. Hierteenoor het die Ovaherero/OvaMbanderu en Nama-raad vir die dialoog oor die volksmoord ’n afsonderlike nuuskonferensie gehou, waar hulle hul aanvaarding van die Duitse ooreenkoms herhaal het. Die Nudo-parlementslid mnr. Joseph Kauandenge het die speaker, prof. Peter Katjavivi, gevra of die parlement aan die Namibiese volk behoort, of aan die Swapo-party, nadat veiligheidsbeamptes die protes probeer stuit het deur die hekke van die parlementstuine met boeie te sluit. Betogers het oor die hekke gespring en die parlementsgebou bestorm, saam met Kauandenge, mnre. Bernadus Swartbooi (LPM) en McHenry Venaani (PDM). Op die parlementsgebou se trappe is ’n klagskrif aan die adjunkspeaker me. Loide Kasingo oorhandig. Die ooreenkoms is gisternamiddag opnuut in die parlement bespreek. Foto Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!