Ons sukkel, sê Avihe se sussie
Die geweldenaar(s) agter een van die grusaamste moorde in die onlangse Namibiese geskiedenis is steeds op vrye voet.
Denver Kisting
Hul gesin – veral sy en haar ma – kry baie swaar.
Augustus is beslis nie vir hulle 'n maklike maand nie.
Só het me. Jessica Kaimu die afgelope Vrydag hul hernude hartseer beskryf oor die herdenking van haar negejarige sussie se verdwyning en grudood.
Die erg vernielde lykie van Avihe Cheryl Ujaha, wat 'n leerling aan Laerskool Gammams was, is twee dae nadat sy van haar ouerhuis in Katutura verdwyn het deur 'n lid van die publiek in 'n rivierloop in die hoofstad ontdek.
Tot vandag toe is haar ontvoerder(s) en moordenaar(s) nie aangekeer nie. Van haar liggaamsdele is ook steeds soek.
Kaimu was die laaste lid van haar gesin wat Avihe op 26 Augustus lewend gesien het.
Die gesin het twee weke later emosioneel van haar afskeid geneem.
Dié voorval het die land tot in sy fondamente geskud.
Adj.komm. Abner Agas, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, het Vrydag bevestig die polisieondersoek kon nog niks oplewer nie.
Volgens hom geld 'n beloning van N$110 000 steeds vir enigeen wat met inligting vorendag kom wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die geweldenaars kan lei.
Die polisie het nog nie moed opgegee nie, sê Agas. “Ons werk nog hard aan die saak en volg leidrade en alle inligting op.”
Die Kaimu-gesin was ook Saterdag by die Heal our land-konsert in Windhoek wat ten doel gehad het om bewusmaking te kweek van veral die ellende van geslagsgegronde geweld.
Die voorsitter van die reëlingskomitee, me. Ndilimeke Nambinga, sê musiek is 'n kragtige medium waarby die meeste mense aanklank vind.
Dít is waarom hulle op 'n musiekkonsert besluit het om die land te help genees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie