Ons Taal
Hallo Ma,
Het Ma-hulle uitgewers daar waar Ma bly? Ma, hier by ons op Planeet A het onlangs ’n boek, Writing Namibia (Helen Vale en Sarala Krishnamurthy) verskyn, en die uwe het die voorreg om daaroor ‘n resensie te skryf. En ek voel dom, Ma! Maar so tussen die sweet en trane leer ek ontsettend baie. Soos van die ongepubliseerde manuskrip van die “forgotten child of Namibia”, Misheke Matongo, ‘n GDR-kind in die oorgangstydperk vóór en ná onafhanklikheid. Saam met die ander moes hy op driejarige ouderdom van sy ouers af weggaan om in Oos-Duitsland opgevoed te word om ‘n waardige Swapo-stryder te word. Daar is hulle streng, maar liefdevol in ‘n tehuis opgevoed, en het selfs op ‘n manier status in hul nuwe land geniet as gedissiplineerde kinders met vele talente.
Toe val die muur in Berlyn, en hulle word met agterdog deur die Duitsers bejeën. In dieselfde jare word Namibië onafhanklik, en ná 11 jaar moes hulle terug na Namibië, na hul gemeenskappe wat vir hulle totaal vreemd was. Die gemeenskappe waarin hulle teruggeplaas is, het op húlle beurt, dikwels hierdie X-GDR- kinders - vanweë hul Duitse opvoeding en gewoontes - as eenkant en arrogant ervaar. Daar word gesê dat Misheke, ‘n leiersfiguur onder die GDR-kinders, in 1998, 18 jaar ná sy terugkeer na sy geboorteland, net eenvoudig verdwyn het.
Ma, hierdie Misheko Matongo wat so dikwels kopskuiwe moes maak oor wie en wat hy is, en wat nooit regtig ons onafhanklike Namibië kon geniet nie – Ma, het Ma hom dalk daar iewers gewaar? Hy moet nou so in sy middel dertigs wees. Ma, kyk tog ‘n bietjie daar . . .
Baai, Ma
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie