Ons taal
Ons taal

Ons taal

Errol Hurter
Een van my gunsteling idiome is ongetwyfeld agteros kom ook in die kraal. En ná gister, hou ek sommer nog ’n skoot meer daarvan.
Voorheen was dit bloot omdat ek in my geaardheid nie hou van aanjaag nie. En dan bedoel ek wel ook aanjaag in die sin van ’n gemors maak van iets, maar veral in die sin van weens haastigheid vorentoe gedryf word. Dit voel my mos as iemand my op die laaste nippertjie aanjaag of ek skoon my laaste gedagtes verloor en dan alewig iets vergeet. So, ja, dan kan ’n mens uit pure moedeloosheid jou aanjaer se plan probeer koudsit met ’n “Toemaar, agteros kom ook in die kraal.”
Ek het ’n paar mense en boeke gevra wat dié idioom vir hulle beteken. Deurgaans klink die idee van die stadigste kry ook klaar of liewer laat as nooit. Maar daar steek méér in die idioom!
Oom Frans van der Mark van Gobabis vertel my gister wat die herkoms van die idioom is: Wanneer ’n ossewa vol vrag by die eindbestemming aangekom het, is al die osse behalwe die agterste twee osse uitgespan. Hulle kon solank vreet, drink en drentel tot in die kraal. Die agterosse het nog ‘n laaste takie gehad om af te handel voor hulle soos die res kon klaar wees, want nadat die vrag van die wa afgelaai is, moes hulle twee eers nog die leë wa sleep tot by sy bêreplek voordat hulle ook uitgespan kon word en kraal toe kon gaan.
So, dan is dit mos geen wonder dat die verantwoordelike pa of ma voor ’n gesinsvakansie alewig die agteros oftewel die agterbul of agterkoeitjie moet wees nie.

Petronella F Genis
[email protected]
Vakgroep Afrikaans
Die Universiteit van Namibië

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.93 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.62 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.3 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 632.12/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.43/lb UP +2.44% | Zinc US$ 2 978.80/T UP 3% | Brent Crude Oil US$ 75.70/BBP UP +1.78% | Platinum US$ 966.86/OZ UP +0.92% #REF!