Ons taal
Ons taal

Ons taal

Gerine Hoff
Die woord “inteendeel” word dikwels gebruik wanneer die woord “trouens” eintlik gebruik behoort te word. Om die een of ander rede geld die omgekeerde nie; trouens, “trouens” word nooit verkeerdelik gebruik wanneer “inteendeel” eintlik gebruik behoort te word nie; inteendeel, die omgekeerde is eerder waar.

HAT gee die volgende voorbeeldsinnetjies om die gebruik van “inteendeel” te illustreer: “Sy is glad nie lui nie; inteendeel, sy is baie fluks.” “Dit was nie ‘n baie koue winter nie; inteendeel, dit was amper soos somer.” “Hom verag? Nee, ek bewonder hom inteendeel.” Ons gebruik dus die voegwoordelike bywoord “inteendeel” om aan te dui dat dit wat ons nou (gaan) sê die teendeel is van wat ons sopas gesê het.

Daarteenoor gebruik ons die bywoord “trouens” ook voegwoordelik om aan te dui dat dit wat ons (gaan) sê, aansluit by dit wat ons sopas gesê het, of dat dit dit versterk.

Die volgende voorbeeldsinnetjies (aangepas uit HAT) illustreer hierdie gebruik: “Ek was verveeld; trouens, die hele gehoor het gesit en slaap.” “Niemand het juis van hom gehou nie. Hy het trouens amper geen maats gehad nie.”

Dis nou hier waar sommige taalgebruikers sou wou sê: “Ek was verveeld; *inteendeel, die hele gehoor het gesit en slaap.” “Niemand het juis van hom gehou nie. Hy het *inteendeel amper geen maats gehad nie.”

Uit die voorgaande behoort dit duidelik te blyk dat die gebruik van “inteendeel” hier nie goed werk nie; trouens, dit versteur kommunikasie. “Trouens,” inteendeel, werk hier die beste.

Prof. Herman Beyer

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!