Ons taal
Nederlandse ready-mades
Hallo Ma
Ja, so wag ’n mens op die lewe terwyl dit eintlik besig is om nóú te gebeur. En dikwels mis jy dit en iets gaan vir goed verlore. Dit besef ek toe ek en my studente besig raak met die Nederlandse ready-mades van die eerste helfte van die negentienhonderds.
Ready-mades klink soos take-aways, maar is wel gedigte: ? alledaagse voorwerp (? inkopielys of iets dergeliks) word uit sy gewone konteks gehaal en tot ? gedig omskep. Digters soos K Schippers, C Buddingh en nog ander het dikwels ’n gegewe op straat gaan haal, en daarvan poësie maak. Hulle uitgangspunt was ’n konsekwente aanvaarding van die realiteit. So dig C. J. van Geel in sy bundel Luchtig verhuizen (1974):
De hond drinkt uit zijn / spiegelbeeld / het hele plasje leeg.
Wat die digter beskryf, is so gewoon dat dit eintlik besonders word. Vir K Schippers was juis dit wat ander bloot aanvaar het (en laat verbygaan), iets intensiefs wat hom dikwels verlei het om te skryf. In een van sy bekendste gedigte No, no Nanette beskryf hy heel beknop iets emosioneels, iets wat oor die wonder van toeval gaan. Dit gaan onder andere oor die liedjie “Tea for two” wat Doris Day so mooi gesing het, maar eintlik oor iets veel groter. Met apologie aan Schippers, vertaal ek dit in Afrikaans.
Tea for two het voor die oorlog / iets vir my pa gedoen. / En ook vir my.
Hy loop stadig om / langer daarna uit ’n huis / te kon luister / en mis daarom trein no 2. /
In die volgende trein was my ma.
Dit is nie die gedig wat outentiek is nie, maar die informasie, dít wat jy daarin lees. As ek die spreker was, en mý pa het nie so baie van die liedjie gehou dat hy daarom stadiger geloop het nie, sou hy Ma nooit ontmoet het nie, en dan was ek ... niks?
Baai my Ma, ek IS.
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie