Ons Taal
Ons Taal

Ons Taal

Hallo Ma
Karin Eloff
Ma, hoe vernuwe taal daar waar Mamma bly? Is dit ‘n universele taal wat alle burgers respekteer? Wat gemaak met ‘n woord soos “liefde”? Sou ‘n mens ‘n oorhoofse ekwivalent moet soek, moet mens wyer dink as net Afrikaans (maar ek wonder darem!). Meng nou “liefde” met amour, sou amordef kon werk. Ek skuif die "f" uit, want in die middel gaan ou langeraat net moeilikheid maak! Maar die Oosterlinge moet ook in gedagte gehou word, en dan sal amitofo (Chinees) en koi (Japannees) ingewerk moet word. Sou ons dan die amordef kon verander na amoidof? In Hindi is liefde sunya, en daarmee in ag genome kom my grys komputertjie uit op iets soos amoidoyaf.

"F", jy skoert weer tot agter in die ry! Die Griekse agape is waarskynlik ononderhandelbaar, en dan word amoidoyaf tog agoidoyaf?

Ek het nie nou lus om rekening te hou met die holrug geryde Engelse love nie, maar sou ‘n mens hul bure wil betrek, moet carai of anwylyd (Wallies) iewers ingeblik word: agoidoyaf vervorm dan tot cargoidoyaf. En ons eie warm woestynaarde se Oshiwambo? Sover ek weet beteken ondi ku hole in Afrikaans “ek het jou lief”. Ja, ek hoor Ma, as jy jou vir ‘n toffie uitgee . . !

Goed: cargoidoyalef. ("F", jy weet waarheen om te gaan!)



Ma, word daar stories saans om die vuur vertel? Die storie van Babel se toring? Die verhaal van die klompie bouers wat die projek laat vaar het omdat dit heeltemal onaanvaarbaar is as die vakman vra “saag asseblief”, en sy handlanger gee hom die spykers aan? Of is die verhaal nie polities korrek nie? Mamma, ek hoop ons planeet raak nooit stil nie, want ‘n algehele holistiese taal? Daarvoor is my kop te kort!

Ek cargoidoyalef jou, my Ma.

Jou Toffie

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!