Ons Taal
Ons Taal

Ons Taal

Gerine Hoff
In 2007 publiseer Ben Yagoda, dosent in Engels aan die Universiteit van Delaware, 'n boek getiteld When You Catch an Adjective, Kill It.

Die boek gaan oor die hoofwoordsoorte in Engels (waarvan die meeste ook in Afrikaans voorkom).

Soos die titel suggereer, is die boek nie 'n kliniese weergawe van die woordsoorte nie.

Deur 'n opgewekte en humoristiese styl verskaf die outeur genot by die lees van 'n onderwerp wat menige taalstudent se oë byna onwillekeurig laat rol.

Dis natuurlik nie ál wat die titel suggereer nie.

Yagoda het blykbaar sy mes in vir die adjektiewe, en hy mors nie tyd nie – hulle is sommer eerste aan die beurt: Een van die min dinge waaroor skryfkundiges klaarblyklik saamstem, is dat adjektiewe so ver moontlik vermy behoort te word.

Voltaire bestempel die adjektief as die vyand van die naamwoord.

Die boek se titel is geïnspireer deur Mark Twain se raad aan 'n 12-jarige wat sy opstel aan hom gestuur het: “Maak die meeste van die adjektiewe dood, dan sal die res waardevol wees. Hulle verswak wanneer hulle naby aan mekaar is. Hulle gee krag wanneer hulle ver uit mekaar is.”

As mens 'n bietjie daaroor nadink, is dit nogal waar.

Hoeveel waarde het die adjektiewe "ongelooflik", "fantasties", "ver­skriklik" en soortgelykes werklik nog?

Ons skop hulle agter elke spreekwoordelike bos uit.

Weens hul oorgebruik het hulle verflou – leksikale inflasie ondergaan.

Afgesien hiervan, egter, redeneer Yagoda dat daar min dinge is soos die kuns om 'n adjektief aan te wend sodat dit tref.



Prof. Herman Beyer

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!