Ons taal
Kaalvoet in die reën
Hallo Ma
Híérvan sal Ma hou: ’n Digbundel vir kinders, eg Namibies, het die lig gesien. Prof. Andree-Jeanne Tötemeyer het haar deur die jare beywer om ’n leeskultuur onder ons Namibiese kinders te bevorder. Afgesien van die feit dat daar vir vyf ouderdomsgroepe gedigte afgebaken word in Kaalvoet in die reën en ander verse vir kinders, is dit ook ’n werktuig in die hand van onderwysers wat wiskunde, wetenskap en lewensvaardighede aanbied. So kan die laerskooloutjies nou leer oor kragopwekking terwyl hulle die gedig “Sonkrag” opsê: “Die sonpanele op die dak / gee saans wanneer die rooi son sak / warm water vir ons bad; / dan plas ons dat die skuim so spat!” Ja Ma, ek glo Ma goed dat Ma nie sulke gediggies in die 1960’s vir jou klassie geleer het nie.
In die Kaalvoet-bundel word daar nie van sensitiewe onderwerpe weggeskram nie. In “Jy lyk nie soos ek nie” stel die eerste twee strofes onderskeidelik eers die “een” groep, en daarna die “ander” groep se standpunt. In die derde strofe kom die twee groepe tot die slotsom: “Laat ons mekaar tog nader ken, / ons mag dalk vriende raak. / Dit is tog baie beter / as om vyande te maak.” By hierdie vers gee die digter die wenk dat die klas in twee groepe verdeel word wat fisies teenoor mekaar staan, sodat hulle mekaar in die gesig kan kyk. Elke groep moet egter veelrassig wees. Daarna moet die twee groepe die strofes omruil sodat elke kind rassediskriminasie kan ervaar.
Wat Ma vreeslik sal geniet is die wete dat Jeanne Tötemeyer die vierde geslag is wat by die skryf van kinderletterkunde betrokke is. Haar oumagrootjie het vóór die Boere-oorlog die bekende gedig, “Jakkals nooi vir gansie“ geskryf!
Ai, ek wens Ma kan nou vir my ’n versie opsê – soos lank terug.
Baai my Ma.
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie