Ons taal
Ons taal

Ons taal

HAT se einde
Sanet de Waal
’n Ruk gelede het ek in ’n bydrae geskryf dat die sesde en laaste gedrukte uitgawe van die gesaghebbende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) in 2015 verskyn het.

Die uitgewer, Pearson, beplan nie om ’n verdere uitgawe van die HAT te druk nie. Die sesde uitgawe is die laaste gedrukte Afrikaanse standaardwoordeboek. Hierdie ontwikkeling is nie vreemd in die kommersiële woordeboekbedryf nie: Die uitgewer is – soos enige ander besigheid – daarop uit om wins te maak, en as ’n produk nie winsgewend is nie, word die verkoop daarvan gestaak.

Oxford University Press het ook onlangs aangekondig dat hy sy laaste groot drukkery in Engeland gaan sluit. Die digitale medium neem baie vinnig die voortou wanneer dit kom by die publikasie van sekere werke, soos naslaanbronne, waaronder woordeboeke natuurlik tel. Ons kan verwag dat hierdie tendens sal voortduur en dat woordeboeke later slegs digitaal beskikbaar sal wees, indien enigsins.

Die leksikale kommentaar wat woordeboeke lewer word dikwels in ander toepassings geïntegreer, sodat ons nie eers besef dat ons ’n onderliggende “woordeboek” gebruik wanneer ons sekere rekenaarprogramme benut nie. Die leksikografie ondergaan ’n revolusie.

Wat egter heeltemal onverwags tref, is dat Pearson ’n week of wat gelede aangekondig het dat hy ook die digitale weergawe van die HAT gaan sluit. Die HAT sal dus ook binnekort nie meer aanlyn op Pearson se webtuiste beskikbaar wees nie.

Is die einde van die HAT?

Prof. Herman Beyer

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!