Ons taal
Die naam ''Windhoek'' het toe veel meer om die lyf
Die Dictionary of Southern African Place Names het in 2014 by Jonathan Ball Publishers verskyn. Die eerste pleknaam wat ek daarin opgesoek het, was Windhoek, en ek deel graag die inligting wat hierdie monumentale werk oor die herkoms van ons hoofstad se naam aanbied.
Die area wat vandag as Windhoek bekend staan, is /Ai//gams genoem deur die Namas en Otjomuise deur die Herero''s. Ander name was Queen Adelaide''s Bath, Elberfeld en Concordiaville.
Die herkoms van die naam Windhoek is nie sonder meer duidelik nie, want die gebied is nie besonder winderig nie. ''n Vroeëre aanname dat die naam Windhoek ''n korrupsie is van die naam Winterhoek, ''n plek in die Tulbagh-omgewing waar Jonker Afrikaner vandaan gekom het, blyk nie waar te wees nie. In pre-geletterde samelewings het plekname gewoonlik ontstaan uit name of selfstandige naamwoorde wat ''n eienskap of kenmerke van die plek beskryf juis om ondubbelsinnig daarna te kan verwys. In Windhoek se geval was die warmwaterfonteine dié prominente eienskappe. Ons vind dit ook terug in die name /Ai//gams, wat “warm water, vuurwater” beteken en Otjomuise, wat “plek van rook” beteken (verwysend na die stoom wat uit die warmwaterfonteine gerys het). Windhoek (en Windhuk) is volksetimologiese interpretasies van ''n Boesmannaam wat ook “warm water” beteken: Win- is vergelykbaar met pwi ofte wel /wi, wat “rooi, warm” beteken, en -dhoek is vergelykbaar met du, wat “water” beteken. Pwindu of /windu is dus as Windu, Windhuk en Windhoek geïnterpreteer.
Prof. Herman Beyer
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie