Ons Taal
Hallo Ma
As ek vir my eerstejaarstudente vertel dat ek die voorreg gehad het om by W.E.G. Louw en D.J. Opperman klas te hê, kan ek in hul oë die vraag “wie?” lees. Hulle weet werklik nie van wie ek praat nie! En dis nie oorlat hulle dom is nie, want ek het nog nie een dom student gehad in die 35 jaar wat ek klasgee nie. Dis omdat niemand hulle al ooit vertel het nie. Maar hulle weet van Game of Thrones. “Wie?” vra ék dan.
Ma, ek het so 'n stuk of drie jaar gelede toe ons weer oor ons leerplanne besin, besluit dit is belangriker om my studente aan die lees te kry as om hulle van die Afrikaanse letterkunde te vervreem. Gelukkig is daar subgenres soos die wetenskapfiksie, misdaadfiksie (spannings- en speurromans), oorlogsliteratuur, historiese en – ja, moenie die liefdesromans weggooi nie.
En as ek met my kollegas van die universiteite van Suid-Afrika praat, is hulle verbaas dat ek sowaar nie meer vir N.P. van Wyk Louw en D.J. Opperman behandel nie, maar liewer Deon Meyer, Piet van Rooyen, Kobus Lombard en die ander nuwe manne en vroue.
Ma, sien Mamma dalk die Louw-broers daar waar Ma nou is? Het hulle hul eie skryfplekke, en werk hulle nou op rekenaars? En het Ma nie dalk vir Sheila Cussons gewaar nie? Sê sebliéf vir haar ek het gister een van haar gedigte - “Gebed van die loot aan die wynstok” - naas 'n gedig van Prevot van der Merwe (“hello god”) met die eerstejaars gedoen. Beide gedigte is gebede tot God. Vertel haar tog dat die studente haar gedig ontsettend waardeer het. Jy kon 'n speld hoor val.
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie