Ons Taal
Ek het laas keer gegroet met die hoop dat een van ons lesers vir my kan sê hoeveel 'n gros is – juis omdat die woordeboek wat in my hand was, gros verklaar het as 'n groot dosyn, afgelei van douzaine grosse.
'n Reusedankie aan die leser, Stephanus Kuit, wat die son in my kop laat opkom het. (En in die ysige koue wat tans ons land besoek, is 'n sonnigheid niks te versmaai nie!) 'n Gros, oftewel 'n groot dosyn, is sowaar niks anders as 'n dosyn dosyne nie - 'n allemintige 144!
Terwyl ek so effe aan die grom is vir die kammakastige ysbere om my koue voete onder my lessenaar, val my oog op die woord grotsiekte. Dadelik dink ek aan die regte egte bere wat mos oorwinter en ek reken toe my eie behoefte aan oorwinter kan sowaar grotsiekte genoem word. Maar my HAT verklaar die woord slegs as 'n tipe longontsteking wat 'n mens kan opdoen wanneer jy in 'n grot 'n sekere swam inasem.
Nou ja, as ek dan nie mag oorwinter nie, hou ek my lyf swaeltjie en vlieg Duitsland toe. Sowaar, ek en my kollega, Herman Beyer, gaan volgende week 'n somerskool aan die Universiteit van Essen aanbied as deel van 'n samewerkingsooreenkoms tussen ons twee universiteite. Wat 'n fantastiese voorreg om ons liefste taal vir die studente daar doer te kan gaan leer!
Ons gesels weer wanneer ek terug is. Hopelik het die ysbere teen daai tyd al 'n ander lêplek gekry.
Petronella F Genis
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie