Ons taal
Gedigte en musiek
Hallo Ma
Ma, twee weke gelede het ons die Sjordé-program van die tagtigerjare laat herleef, danky die steun van Netwerk Namibië. Ja, Ma is reg! Ma het destyds’n keer of wat saam met my by die Ou Akademie hierdie breinkind van Prof Aldo Behrens ervaar.
Terwyl ek en jou kleinseun vir die Sjordé repeteer, het my onderbewussyn gedelf in vele hoeke en gate van verskillende genres. Woorde en klanke is geskommel en geproe, geherrangskik, nuanses is bygevoeg en interpretasies het verskuif. Maar met die wegval die aand het dit alles saamgesmelt tot ’n misterieuse bron van vreugde en energie.
’n Professor van die Exeter Universiteit, ene Adam Zeman het ’n studie gelei oor die uitwerking van poësie op die brein, en een van die interessante ontdekkings is dat wanneer ’n deelnemer aan die studie teks gelees het wat hom of haar emosioneel raak, dieselfde dele van die brein geaktiveer is, sou die deelnemer na musiek luister. Die lees van verse het die brein gestimuleer om sekere gebeure te onthou wat dan weer gelei het tot ’n diepe introspeksie.
Dis te begrype dat gedigte musiek kan word, maar is musiek vertaalbaar in poësie? Ek glo dat die mens eindeloos gefassineer word deur die impak van die perfekte woord of frase wat in jou sintuie opduik, op klanke sy draai vat, en dan diep in jou hart en pens vasskop. Dit kan nie anders nie; musikale klanke móét net eenvoudig implisiet betekenis dra.
Ma, ek wens ek kon beskryf wat woorde en klanke met my doen – en dan sou ek uit al my skryfsels vir Ma ’n gedig maak.
Baai my Ma.
NS: Stuur vir my ’n teken – ’n klein ietsie – sodat ek ’n idee kan kry van hoe hierdie hemelse ervaring van ons op ons aarde sal klink in Hemel-Afrikaans - daar waar ma woon.
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie