Ons Taal
Ons Taal

Ons Taal

Karin Eloff
Hallo Ma

Daar waar Mamma woon, is daar seisoene? Hier op ons aardse ­woestynland is dit nou winter, en onlangs was dit Windhoek Woordfees-tyd.

Ma, ek het ná laas jaar se fees vir die Groot Energie gevra dat Sy tog vir my 'n teken moet gee as ek moet voortgaan met die fees. En in die stilligheid het ek later eintlik gehoop Sý vra vir Hóm en Húlle besluit nee.

En toe die teken kom - nog voordat enige item plaasgevind het, en voordat ek eers sekerheid kon kry dat die publiek entoesiasties is – is ek totaal uitgeboul, want die FNB-stigting verbind hulle toe tot 'n verdere borgskap!

En Ma, wás dit nie 'n ware fees nie! Nuwe talent is blootgelê in die persone van Lloyd Zandberg en Dihanna Taute, en vir die eerste keer het ek werklik waardering ontwikkel vir 'n haikoe omdat Henriëtte van Wyk dit vir my hartroerend mooi oopgemaak het. Ma, ek is so trots op my land se mense.

Maar ons wou darem die Suid-Afrikaners ook 'n kans gee, en omdat een van Chanette Paul se boeke vir my studente voorgeskryf is, het ek haar genooi, en die studente was

in ekstase! Marita van der Vyver –

ja Ma, vergeet nou van Griet skryf

'n Sprokie; daaroor het ons twee

tog al lankal klaar baklei! Ja Ma, sy skryf nie net meer oor die Ding nie, maar oor nog vele anderlike mooie dinge.

En Ma, ek is so bly, want ek weet nou ook van Madri Victor wat jou manuskrip vat, dit uitmekaar haal (of pluk), en raadgee sodat jy jou boek gepubliseer kry. (Dalk is daar hoop vir mense soos ek.)

Ma, hoe werk woorde daar waar Mamma bly? Word dit gebruik, of is dit net kyke en hartsnaarroeringe van liefde en kennis wat gedy?

Baai my Ma.



Dr. Chrisna Beuke-Muir

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!