ONS TAAL
ONS TAAL

ONS TAAL

Petronella Genis
Waaraan dink jy as jy die woord knewel hoor?

Die eerste prentjie wat in my gedagtes opkom, is dié van Sarah de Jager en ek hoor Carike Keuzenkamp sing: “want hier langs die Weskus is daar niemand meer wat 'n knewel soos sy kan vang”. Ek gaan raadpleeg my goeie vriend, die HAT. Hy sê ook ‘n knewel is iets of iemand wat groot of frisgebou is, en hy laat my giggel met sy voorbeeldsinne:

Kyk so ‘n knewel van ‘n kêrel. As hy met daardie knewels van hom slaan, lê ek na die eerste hou. ‘n Knewel van ‘n bosluis. ‘n Paar knewels van voete.

Dié voete laat dink my nou weer aan ons vorige skrywe se woord, knokkels, want ek kan my net indink dat ‘n man met knewels van voete ook reuse knokkels moet hê – dis nou daai knoppe aan weerskante van sy enkels. Maar wag, ek wandel al weer weg van my huidige woordweg.

Maar hoekom ek vra oor die woord knewel . . . Ek lees hom toe mos raak in Leon Rousseau se boek waar Fritz Deelman beveel: “Knewel hom!” In gehoorsaamheid prop sy medewerker toe ‘n lap in die rampokker se mond en bind boonop nog ‘n serp om sy mond om seker te maak dat hy nie verder moeilikheid maak deur na sy makkers te roep nie.

Die HAT sê dis reg so, knewel is ‘n werkwoord. Jy knewel iemand wanneer jy sy mond stop of wanneer jy hom boei. Dit word ook figuurlik aangewend, byvoorbeeld wanneer die pers geknewel is omdat hulle verbied word om openlik oor iets te skryf. Mag ons pers aanhou boei en nie geknewel word nie!

Petronella F Genis

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!