Ons taal
Ons taal

Ons taal

’n Pantoen van woordgrendel
Sanet de Waal
Hallo Ma

Ma, ek het gister aan my poësiestudente verduidelik hoe ’n pantoen werk. Wat hierdie digsoort uniek maak, is dat jy met slegs 6 kernreëls ’n gedig op steroïede kan skryf! Ma móét dit probeer.

Skryf eers neer wat in Ma se gedagtes opkom sonder om iets te korrigeer. Dikwels kom dit waarvan ’n mens nie altyd so bewus is nie, nogal verhelderend by jou op. Dit pen Ma neer. Nou kies Ma ’n kernwoord of -frase, en Ma laat waai.

Die tradisionele patroon werk so: Jy skryf die eerste kwatryn van jou gedig neer. Vanaf die tweede kwatryn gaan jy soos volg te werk: reël 5 herhaal reël 2; reël 6 is nuut. Reël 7 herhaal reël 4, en reël 8 is weer nuut.

Die derde kwatryn bevat geen nuwe reëls nie, want reël 9 herhaal reël 6, reël 10 herhaal reël 3; reël 11 herhaal reël 8, en reël 12 herhaal reël 1, die heel eerste versreël van die gedig! (Dit is nou die tradisionele pantoen met drie kwatryne, dus 12 reëls, maar vandag word daar vryelik hiervan afgewyk, en ek het al op pantoens met 20 reëls afgekom). In ons Woordfeesbundel, Land onder woorde, het Henriëtte van Wyk só oor die naderende ouderdom geskryf:

berge op my tong

(’n pantoen van woordgrendel)

daar is happe in my brein

en gate in die grein

soms suis stiltes in my sinne

want daar lê berge op my tong

en gate in die grein

strooi klippe op die roete

want daar lê berge op my tong

tot waar die bronwaters bruis

strooi klippe op die roete

verby die haak-en-steek kloue

tot waar die bronwaters bruis –

daar moet brûe oor die donker strome

verby die haak-en-steek kloue

strompel ek tevergeefs

daar moet brûe oor die donker strome

want daar lê berge op my tong

Ma, ek wil sê hoe baie ek Ma mis, maar daar lê berge op my tong.

Baai my Ma

Dr. Chrisna Beuke-Muir

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!