Ons taal
Samestellings
Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein. Dis ’n fontein waar twee buffels met een skoot morsdood geskiet is. Dis ook die naam van ’n plaas wat bekendheid verwerf het toe Anton Goosen en Fanus Rautenbach ’n liedjie daaroor geskryf het.
Dis ook al in advertensies gebruik om die tipiese landelike dorpie voor te stel, volgens ’n Wikipediablad wat spesifiek daaraan gewy is. Volgens Wikipedia is die plaas in die Suid-Afrikaanse provinsie Noordwes geleë. Dit het die langste pleknaam in Suid-Afrika, en een van die langstes ter wêreld. Die naam illustreer mooi die Germaansetaalbeginsel dat samestellings in dié tale as een woord geskryf word. ’n Ander voorbeeld, op dieselfde Wikipediablad, is “waatlemoenskilkonfytkompetisiebeoordelaarshandleiding”.
Natuurlik is sulke lang woorde redelik raar, nie in die minste nie omdat dit leesbaarheid bemoeilik. Wanneer samestellings aan die lang kant begin raak, is dit gewoonlik raadsaam om êrens ’n koppelteken in te voeg, of om die begrip eerder te omskryf.
Die beginsel om samestellings as enkel woorde te skryf, is eintlik heel eenvoudig: ’n Woord wat na een ding verwys, word as een woord geskryf.
’n “Kamerdeur” is die deur van ’n kamer (een ding), en nie ’n deur en ’n kamer nie, of ’n deur met die eienskap “kamer” nie. In Engels is daar relatiewe chaos op hierdie gebied; vergelyk “post office” (los), vs. “postmaster” (vas), vs. “bell-bottoms” (koppelteken). Vreemd (of dalk nie?) dat die skynbare Engelse reëlloosheid die eenvoudige Afrikaanse beginsel so omverwerp.
Prof. Herman Beyer
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie