Ons Taal: Blou eiers
Hallo Ma,
Hier langs my koppie koffie en goggomarot, die rekenaar, lê twee hoendereiers op die tafel. Rou in hul doppe. Blougroen doppe. Maar oor hulle vertel ek Ma straks.
Saterdag het ek in Pretoria ‘n vergadering van die Afrikaanse Taalraad bygewoon. Dit was ‘n selfopgelegte opdrag as ondervoorsitter van IVA (die Internasionale Vereniging vir Afrikaans). En ek kon hulle toe meedeel dat ons Fakulteit Geesteswetenskappe vroeër vanjaar ‘n uitruilooreenkoms met die Universiteit van Gent aangegaan het, en dat ons sedert 2014 ook ‘n samewerkingsooreenkoms met die Universiteit Dussberg-Essen in Duitsland het. Ons gaan gee dáár klas oor en in Afrikaans, en dan kom hulle weer hiernatoe en werk saam met ons aan projekte. Maar Ma, ek vind dit jammer dat daar nie soortgelyke uitruilooreenkomste tussen ons universiteit en dié van Suid-Afrika is nie. En daaraan wil ek werk.
Die blougroen eiers: Ek sit nog so en tik, toe sien ek ‘n driemanskap wat ‘n tafel soek. Spar se koffiewinkel is stampvol, en ek nooi hulle om my tafel met my en goggomarot te deel. En dit gesels, maar interessant! En Ma weet, die lewe gebeur mos eintlik terwyl jy vir iets wag, of self besig is om iets te laat gebeur. Estelle sê vir Giesela dankie vir die eiers van die plaas af, en vra in dieselfde asem hoe dit met haar interessante hoendertjies gaan. En tóé kon ek nie anders nie. Ek vra, hoe nou? Interessante hoenders? En net daar loop haal Frits toe vir my twee eiertjies uit hulle Ford-bakkie.
Ma, behalwe uitruilooreenkomste het ons land interessante hoenders wat blou eiers lê. Ma, die hoenders daar waar Ma bly, is hulle weglêhenne?
Baai, Ma
Dr. Chrisna Beuke-Muir
Vakgroep Afrikaans
Universiteit van Namibië
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie